Donderdag 28 Februarie 2019

edupage cc


10 VRAE OOR Gebuigde Poskaarte deur René Bohnen

1.
Watter verklaring vir die titel is die onwaarskynlikste?
Die poskaarte is gebuig omdat ...

A
die spreker waarskynlik dikwels daarna kyk.

B
die spreker gebruikte poskaarte in Parys gekoop het.

C
dit moontlik in die spreker se reistas effens beskadig het.

D
poskaarte dikwels die werklikheid "buig" en dinge mooier laat lyk.
2.

Watter aanduiding kry ons dat die spreker se reisgenoot nie veel belangstelling in die besienswaardighede toon nie?
3.
Die Seine-rivier loop deur die stad Parys.

3.1
Van watter brug oor die Seine lees ons in die gedig?

3.2
Op watter ander manier kan 'n mens waarskynlik van die een oewer van die rivier tot by die ander een kom, volgens wat in strofe 3 gesuggereer word?
4.
Twee beroemde plekke van aanbidding word in die gedig genoem. Watter twee is dit?
5.
Die spreker besoek Parys gedurende die winter.

5.1
Haal twee enkele woorde aan wat winter aandui.

5.2
Gedurende watter seisoen sal jy graag Parys wil besoek? Verskaf 'n goeie motivering vir jou antwoord.
6.
In watter woord in die gedig kom al die letters van die naam "Parys" voor?
7.
Wat, dink jy, probeer die spreker hierdeur van Parys sê? Verduidelik kortliks in jou eie woorde.
8.
Haal die reël uit die gedig aan wat 'n parentese bevat.
9.
Haal 'n sinoniem uit die gedig aan vir "kronkel".
10.
Lees strofe 1 en sê watter vokaalklank deurgaans herhaal word (assonansie).




Dinsdag 26 Februarie 2019

10 VRAE OOR "Mamma" kan ek nie sê nie deur Jelleke Wierenga


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

"Wik en weeg" dui die ma se _____ aan of sy moes _____ raak of nie. Die kind het reeds voor sy/haar ____ geweet dat hy/sy 'n _____ baba sou wees. ____ is 'n liefdesterm wat die spreker dus nie kan sê nie. Die spreker hou die _____ indirek hiervoor verantwoordelik.

Die titel is 'n voorbeeld van _____, want dit is nie die _____ wat 'n mens gewoonlik sal gebruik nie. Die _____ aan die einde van die vierde _____ dui aan dat die spreker hierna gaan sê wat hy/sy nou weet. 



10 VRAE OOR Sondagaande deur Fanie Viljoen


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

Van alle dae in die week is 'n _____ moontlik die eensaamste dag, veral die _____. In hierdie gedig is die mense dan in hul ____ terwyl _____ hoog in die lug rondvlieg. Stadig _____ hulle grond toe en gaan sit dan op die _____ buite die mense se _____ vanwaar hulle kan _____ na wat elkeen doen. Die voëls is die rowers en die mense is die _____. "Skerp oë" dui aan dat die voëls _____ is en niks miskyk nie.    



10 VRAE OOR Taylor Swift deur Kobus Grobler


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.
         
Die tienermeisie se pa is die _____ in hierdie gedig. Die woord _____ dui aan dat die meisie die liedjie se woorde baie herhaal. Die liedjie het 'n toon van _____ en die meisie kan met Taylor Swift _____, want sy is ook eensaam. Die meisie het niemand wat gedurende _____ by haar sit nie en by die huis is sy ook _____ wanneer sy op haar bed gaan lê. In die _____ verloor bome hul _____ en die meisie kan dit nou vir die eerste keer verstaan. Dinge in die lewe is ook _____ en kan nie vir altyd duur nie. Die meisie in die gedig se naam is moontlik _____.



Sondag 24 Februarie 2019

So waar!



Prof. Willie Burger verwoord so mooi in sy artikel van 25 Januarie 2019 in die Vrouekeur iets wat my na aan die hart lê:



"Ongelukkig verval die skoolonderrig van letterkunde en kuns dikwels slegs op inligting oor die skrywers en die omstandighede waarin hulle geleef en gewerk het, of op allerlei oppervlakkige beskrywings van hul tegnieke en style, die manier waarop hulle skryf, op die herkenning van metafore of vergelykings of rymskemas.

Die probleem is dat onderrig hoofsaaklik op inligtingoordrag gerig is en ons los die emosionele ontwikkeling van leerlinge om spontaan en privaat te gebeur."