Vrydag 17 April 2020

All is fair in love and war - Jan van Tonder


Lees die onderstaande aanhaling en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Edwill is verlief op Helena, maar hy weet hy het nie 'n goeie kans teen Waldemar nie. In die proses om Helena in die hande te kry, gebruik hy ander mense om sy doel te bereik, want "all is fair in love and war".

Volgens Lita, Edwll se suster, is swak kommunikasie die "Achilleshiel" in Waldemar en Helena se verhouding, en sy bied aan om Edwill met sy strategie te help ...

Skryf nou 'n paragraaf van 80 woorde oor Edwill se taktiek om nader aan Helena te kom. Gee aandag aan die aspekte hieronder: 

Edwill besluit om vriende met Waldemar te maak.
·         Hoekom besluit Edwill om Waldemar se vriend te word?
(1)
·         Waar bring Edwill baie tyd deur om Helena in aksie te sien?
(1)
·         Waar bring hy tyd deur om Waldemar in aksie te sien?
(1)
·         Hoekom gaan hy daarheen om Waldemar in aksie te sien?
(1)
·         Hoe wen hy blykbaar Helena se ma se guns?
(1)
·         Hoe wen hy haar boeties se guns?
(1)
·         Wat doen Helena wat Edwill laat besef dat hy vordering maak?
(1)

Ander vrae

"Dis tyd vir die coup de grâce" sê Lita toe Edwill weer verslag doen.

1.
Wat beteken "coup de grâce"? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
afrekening

B
wraak

C
vergifnis

D
genadeslag
(1)
2.
Wat is die coup de grâce wat Edwill moet gebruik, volgens Lita? Sê kortliks.
(2)

Edwill en Waldemar hardloop 'n hindernisresies na Helena se huis toe, waar Edwill die coup de grâce gaan doen.

3.
Noem een hindernis wat hulle op pad daarheen moet oorkom?
(1)
4.
Wie wen hierdie hindernisresies?
(1)

Waldemar wen uiteindelik die resies om Helena se hart te verower.

5.
Op watter manier wen hy die stryd teen Edwill?
(1)
6.
Waar, dink jy, het hy sy "wapen" teen Edwill in die hande gekry? Sê kortliks.
(1)
7.
Hoekom kan ons beweer dat Waldamar nie oneties opgetree het nie. Haal Lita se woorde as antwoord aan.
(1)
[15]


[Helena van Troje deur Evelyn De Morgan]

All is fair in love and war - Jan van Tonder


Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae.

Waldemar neem sy nuwe pel, Edwill, tot binne-in Helena-hulle se huis, waar Edwill op sy gemak inligting kan insamel om aan sy suster verslag te doen. Lita het onderneem om hom te help om 'n strategie te ontwikkel wat hom darem meer as 'n kat se kans kon gee by die beeldskone Helena.

1.
Vroeër het Lita aan Edwill gesê: "Hel, boetie, dis Waldemar se girl daai! Jy't nie 'n kat se kans nie!" Wat beteken: Jy't nie 'n kat se kans nie"?
(1)
2.
Edwill se vriendskap met Waldemar is nie ware vriendskap nie. Verduidelik hierdie stelling in die konteks van die verhaal.
(1)
3.
Wat het Edwill by Helena-hulle se huis gedoen wat Waldemar nie bereid was om te doen nie? Noem twee dinge.
(2)
4.
Met wie het Edwill in hierdie tyd goeie vriende gemaak?
(1)
5.
Ons lees: "Lita het onderneem om hom te help om 'n strategie te ontwikkel". Noem een  televisie-persoonlikheid met wie Edwill sy suster vergelyk.
(1)
6.
Edwill se suster, Lita, dink sy weet wat Waldemar se "Achilleshiel' is.

6.1
Waarna verwys dié woord?
(1)
6.2
Wat is Waldemar se Achilleshiel, volgens Lita? Kies jou antwoord uit die volgende:
(1)
A
Hy help Helena nie wanneer sy skottelgoed was nie.

B
Hy weet nie wie Oprah en Dr Phil is nie.

C
Hy besef nie hoe belangrik kommunikasie tussen man en vrou is nie.

D
Hy weet nie hoe om sy eie gedigte te skryf nie.
(1)

Lita se oë is op die papier met die netjiese drukwerk in haar hand. Sy frons. Edwill wonder of sy dink dis 'n spul sentimentele snert. Maar sy glimlag skielik vir hom.

"Jy gaan haar voete onder haar uitslaan, Boetie."

1.7
Ons lees hierbo: "Sy frons." Hoekom, dink jy, frons Lita? Kies die beste antwoord uit die volgende:

A
Sy verstaan nie wat Edwill geskryf het nie.

B
Sy kan nie glo dat Edwill dit self geskryf het nie.

C
Sy dink nie die gedig is reg vir die geleentheid nie.

D
Sy hou nie daarvan nie en dink dis 'n spul sentimentele snert.
(1)
8.
In die aanhaling in vraag 1 het Lita vir Edwill gesê: "Hel, boetie, dis Waldemar se girl daai!" Hoekom, dink jy, word "Boetie" in die nuwe aanhaling hierbo met 'n hoofletter geskryf?"
(1)
9.
Watter soort gedig het Edwill geskryf? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
'n ode

B
'n liriek

C
'n sonnet

D
'n liefdesgedig

10.
Uiteindelik is dit nie Edwill wat die gedig aan Helena voorlees nie.

10.1
Wie lees die gedig aan haar voor?
(1)
10.2
Hoe dink jy het hierdie persoon die gedig in die hande gekry?
(1)
10.3
Hoe reageer Helena op die voorlees van die gedig?
(1)
11.
Edwill en Lita se plan misluk aan die einde. Voel jy jammer vir Edwill, of nie? Gee 'n paslike rede hoekom jy  so voel.
(1)
[15]