Wys tans plasings met die etiket Roman Hoopvol. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Roman Hoopvol. Wys alle plasings

Woensdag 07 November 2018

10 VRAE OOR Hoopvol: Karakters

Jy ken die hoofkarakters in HOOPVOL, maar hoeveel van die volgende karakters/name kan jy nog onthou? Pas die name by die beskrywings en skryf slegs die nommer en letter neer wat bymekaar pas.

1.
Mariaan
A
moeilike geboorte
2.
Tannie Annelie
B
losieshuiseienaar
3.
Rebekka
C
die pastoor se vrou
4.
Sherelene
D
sterf in fratsongeluk
5.
Tannie Pop
E
Frans se plaas
6.
Kleynhans
F
Sakkie se vrou
7.
Soetwater
G
Ben se vriend
8.
Charl
H
wil Ben meer van Hoopvol wys
9.
Tannie Rhoda
I
burgemeester se persoonlike assistent
10.
Mevrou Chalmers
J
stuur Nathalie en Elma se as vir Ben



10 Belangrike wenke en aspekte van die letterkunde-opstel oor HOOPVOL

1.
Hierdie vraag is uitdagend omdat jy baie feite in baie min woorde moet verskaf.
2.
Jy móét hierdie opstel eers deeglik beplan voordat jy dit kan skryf.
3.
Die inhoud tel 80% (16 punte) en die strukturering tel 20% (4 punte).
4.
Fokus slegs op wat gevra word en moenie onnodig uitbrei nie.
5.
Groepeer feite saam wat bymekaar hoort sodat paragrafering sinvol is.
6.
Feite moet, waar moontlik, chronologies aangebied word.
7.
'n Kort inleidingsparagrafie en slot moet gegee word om die opstel sinvol af te rond.
8.
Moenie sinne doodtrek as jou opstel te lank is nie - goeie beplanning sal dit verhoed.
9.
Lees jou opstel aan die einde vlugtig deur en maak foutjies reg wat mag voorkom.
10.
Onthou om 'n woordtelling aan die einde te gee. Moenie oor die lengte jok nie.




Vrydag 17 Augustus 2018

10 VRAE OOR Hoopvol: Foto's van Bobby


Bobby is reeds dood wanneer Ben se soektog na sy pa begin. Hy sien egter drie foto's waarop sy pa verskyn.

Die eerste foto:
1.    Waar sien Ben die eerste foto met Bobby op?
2.    Hoe weet Ben dat dit sy pa op die foto is?
3.    By watter geleentheid is hierdie foto geneem?
4.    Wat was Bobby se bynaam op daardie stadium?

Die tweede foto:
5.    Waar hang die tweede foto wat Ben van sy pa sien?
6.    By watter geleentheid is dié foto geneem?
7.    Hoe verskil hierdie foto van die ander twee foto's?

Die derde foto:
8.    Waar hang die derde foto waarop Bobby verskyn?
9.    By watter geleentheid is hierdie foto geneem?
10.  Wat doen Bobby met die foto?



Donderdag 09 Augustus 2018

Hope hulp met HOOPVOL

Edupage se studiegids oor Hoopvol, die voorgeskrewe roman vir die IEB Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Vir enige navrae, kontak ons gerus by edupage@vodamail.co.za.




HOOPVOL: Karakters (8)



Noem gebeure uit die verhaal waar elk van hierdie eienskappe duidelik na vore kom.


vasberade
determined
verward
confused
soekend
searching
kompeterend
competitive
vasbyter
survivor
vol selfverwyt
remorseful
dankbaar
grateful