PEANUTS LEESBEGRIP
INHOUDSOPGAWE
1. LEESSTUK
2. WOORDESKAT
3. VRAE
4. ANTWOORDE
PEANUTS LEESBEGRIP
INHOUDSOPGAWE
1. LEESSTUK
2. WOORDESKAT
3. VRAE
4. ANTWOORDE
WOORDESKAT
vier – celebrateVRAE
|
1. |
Wanneer het Peanuts ontstaan? Kies jou antwoord uit die volgende: |
|
A |
1900 |
|
B |
1950 |
|
C |
1975 |
|
D |
2000 |
|
2. |
Met watter karakter in die strokiesprent, dink jy, identifiseer die skepper van die strokiesprent die beste, en hoekom dink jy so? |
|
3. |
Wie van die strokieskarakters is |
|
3.1 |
die onaangenaamste karakter? |
|
3.2 |
die karakter wat die minste gekompliseerd is? |
|
4. |
Watter van die strokieskarakters is verwant, en hoe is hulle verwant? |
|
5. |
Ons lees van Charlie Brown: "Hy moet die een wees wat ly." |
|
5.1 |
Wat beteken 'ly' in die konteks? |
|
5.2 |
Wat is die betekenis van "Hy moet die een wees wat lei?" |
|
6. |
Kyk na die prentjie van Lucy. Hoe komplimenteer haar voorkoms haar persoonlikheid? |
|
7. |
Wat is Franklin se toekomsplan? |
|
8. |
Schroeder word 'n "musikale genie" genoem. |
|
8.1 |
Wat beteken dit? |
|
8.2 |
Watter musiekinstrument kan hy blykbaar bespeel? |
|
9. |
Watter karakter |
|
9.1 |
leef soms in 'n droomwêreld? |
|
9.2 |
is baie buigsaam en aanpasbaar? |
|
9.3 |
kan baie goed memoriseer? |
|
9.4 |
het nie baie selfvertroue nie? |
|
10. |
Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? |
|
10.1 |
Peanuts is een van die hoofkarakters in die strokiesprent. |
|
10.2 |
Beethoven was die eerste Amerikaanse president |
|
10.3 |
Franklin het 'n goeie kennis van die Bybel. |
|
10.4 |
Linus vergelyk geluk met 'n warm hondjie. |
ANTWOORDE
|
1. |
B - 1950 |
|
2. |
Met Charlie Brown. Die skepper se naam is Charles.(of enige aanvaarbare antwoord) |
|
3.1 |
Lucy |
|
3.2 |
Franklin |
|
4. |
Charlie en Sally is broer en suster. Lucy en Linus is broer en suster |
|
5.1 |
swaarkry/sukkel/seerkry |
|
5.2 |
Hy moet die leier wees/Hy moet vir die ander sê wat om te doen. |
|
6. |
Haar mond is oop en sy lyk kwaai terwyl sy besig is om op iemand te skree. |
|
7. |
Hy wil 'n kitaarspeler word. |
|
8.1 |
Hy weet baie/alles van musiek af. |
|
8.2 |
klavier/vleuelklavier |
|
9.1 |
Snoopy |
|
9.2 |
Sally |
|
9.3 |
Franklin/Linus |
|
9.4 |
Linus |
|
10.1 |
Onwaar |
|
10.2 |
Onwaar |
|
10.3 |
Waar |
|
10.4 |
Onwaar |
Lees die teks hieronder noukeurig deur en beantwoord dan die vrae wat gestel is.
SKOK, HARTSEER TOE LUISLANG VROU SE HOND HEEL INSLUK
Teks
|
1. |
Dit was 'n hartseer oomblik vir Charlotte Molefe toe haar geliefde hond Vrydag op 'n plaas in Bethanie, buite Brits in Noordwes, deur 'n enorme luislang ingesluk is. 'n Werker het haar die aand geroep en vertel dat haar hond Leopard vreemd blaf en tjank. Hy het gaan ondersoek instel en toe afgekom op die skrikwekkende toneel van die luislang wat besig was om die hond in te sluk. Leopard was 'n ses jaar oue kruising wat sowat 15 kg geweeg het. |
|
2. |
"Dit was vreeslik. Ek kon nie glo wat gebeur nie. Ek was so geskok," vertel Molefe aan Netwerk24. "Dit was ook vreesaanjaend om so 'n groot slang te sien." Molefe het vir drie werkers gesê hulle moenie die slang doodmaak nie omdat hy "waarde tot die natuur toevoeg en verdien om te leef". |
|
3. |
"Ek het die plaaslike polisiekantoor gebel en hulle het my na 'n slangvanger verwys om die slang te verwyder. Jac-Louis Horn van Critter Chronicles, 'n dierereddings-diens in Brits, sê hy het ongeveer middernag 'n oproep oor die luislang ontvang. Nog twee vrywillige slangvangers, Andre Scholtz en Ben Barend, het kom hand bysit. |
|
4. |
"Toe ons die slang probeer vang, het hy die hond opgebring (wat nie oorleef het nie). Groot maaltye maak slange stadig en as verdedigingsmeganisme om vinnig van gevaar te vlug, sal hulle die kos opbring," verduidelik Horn. Die slang is sowat 4,1 m lank en weeg 30 kg. Horn het kort daarna nog 'n oproep gekry oor 'n bielie van 'n luislang op 'n ander plaas in Bethanie. Die slang was besig om 'n klein wildsbokkie te vang, maar is gevang voordat hy die bok kon insluk. Dié slang is sowat 3,8 m lank en weeg 23 kg. Albei slange is in die Pilanesberg Nasionale Park hervestig. |
|
5. |
Horn sê dit is moeilik om die geslag van die slange te bepaal. Weens die slang se "abnormale grootte" vermoed hy dat die eerste een 'n wyfie was, "Slangwyfies word heelwat groter as mannetjies." Albei slange se grootte dui daarop dat hulle in goeie toestande leef waar hulle genoeg kos en veilige skuiling het. |
|
6. |
Johan Marais, uitvoerende hoof van die African Snakebite Institute, sê dit is nie ongewoon dat sulke groot luislange 'n hond as prooi uitsoek nie. "Honde is maklike teikens omdat hulle na die slang toe hardloop. Dit is 'n hond se natuurlike instink om slange te probeer aanval en hulle word dan in die proses gepik of slangkos," sê Marais. "Dit is moeilik vir honde-eienaars om hul troeteldiere teen slange te beskerm of om hulle te leer om van slange af weg te bly." |
|
7. |
Marais sê 'n Suider-Afrikaanse luislang wat langer as 4 m is, word as 'n "besonder groot luislang" beskou. "Volgens literatuur word hulle nie langer as 6 m nie. Ek het nog nooit een van hulle gesien wat langer as 5 m is nie. "Die Suider-Afrikaanse luislang kom wydverspreid in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die noordelike dele van Gauteng, Limpopo, Noordwes en dele van die Noord-Kaap voor. |
|
8. |
Volgens Marais is daar talle vals berigte oor mense wat deur luislange doodgemaak word. In die laaste 100 jaar is net een sterfte weens 'n luislang aangemeld. Dit was 'n jong man wat in die 1970's deur 'n groot luislang van sowat 4,5 m gegryp en doodgemaak is terwyl hy beeste in die veld opgepas het. |
Hoe vang 'n luislang sy
prooi?
|
9. |
Die luislang het 86 sterk tande in sy bek wat na binne gebuig is. Hy gebruik die tande om 'n sterk greep op sy prooi te kry wanneer hy die prooi byt. Die slang draai dan sy lyf om die prooi en plaas druk op die borsdeel sodat die prooi nie meer kan asemhaal nie en vinnig vrek. Daarna sluk die slang sy prooi van die kopkant af heel in. |
[Verwerk uit BEELD – Donderdag 18 Januarie 2024]