Wys tans plasings met die etiket Skugterdigter. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Skugterdigter. Wys alle plasings

Sondag 05 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Algemeen)

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman 

Hier volg 'n paar inskrywings wat die volgende aspekte oor Skugterdigter deur Lynné Schoeman bevat:

1.   Opsomming

2.   Inhoudsvrae

3.   Sinstrukture

4.   Woordstrukture

5.   Kommunikasie

6.   Kommunikasie antwoorde

Eendag is eendag deur Marlene Smit, Varing deur Jaco Jacobs, Judasbroer deur Santie Nel, Kadawers deur Tanya van Buuren Botma en Sonstilstand deur Jan van Tonder is reeds geplaas. Gaan terug na vorige plasings.

Gebruik dit gerus in die klaskamer en/of vir hersiening. Verwys ook julle leerders na hierdie blog.

Soek Brander en ander regs onder die opskrif Etikette en kies Brander en ander. Dan sien jy slegs die plasings uit die voorgeskrewe kortverhale.

Saterdag 04 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Opsomming)

 Opsomming

 

Ilaria Jordaan lewer 'n toespraak oor die Afrikaanse digter Ingrid Jonker in die Afrikaans-klas.

Sy het 'n groot liefde vir Jonker se gedigte, net soos haar ma wat oorlede is toe Ilaria klein was.

Ilaria skryf self gedigte en publiseer dit dan onder die skuilnaam SkugterDigter op haar blog.

KennerVanDieAand kontak haar uit Amsterdam om te sê hoeveel haar gedigte vir hom beteken.

'n Verslawende kubervriendskap ontwikkel en dit is later al waaraan Ilaria die hele tyd kan dink.

KennerVanDieAand versoek 'n foto van Ilaria se borste deur na 'n Ingrid Jonker-gedig te verwys.

Ilaria stuur dadelik die foto en dink dis veilig, want hy woon in Nederland en sy in Suid-Afrika.

KennerVanDieAand is Gerhard Cilliers, 'n matriekseun wat blykbaar wraak op Ilaria wil neem.

Gerhard versprei die foto van Ilaria se borste op sosiale media; dit laat almal by die skool skinder.

Ilaria kan die situasie nie hanteer nie en verdrink haarself in die see, net soos Ingrid Jonker.

 

Vrydag 03 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Inhoudsvrae)

Inhoudsvrae

 

1.

Ilaria lewer 'n interessante toespraak. Oor wie handel haar toespraak?

2.

Wat doen die meeste leerders egter terwyl sy praat?

3.

Ilaria skryf self gedigte. Watter bewyse kry ons dat sy baie suksesvol hiermee is?

4.

Hoekom stel Ilaria nie daarin belang om 'n verhouding met Barend te hê nie?

5.

Watter skuilnaam gebruik Ilaria op haar blog, en watter skuilnaam gebruik haar bewonderaar?

6.

Wat vertel haar bewonderaar van homself en hoekom kontak hy Ilaria, volgens hom?

7.

Wie is die geheime bewonderaar regtig, en watter bose plan het met Ilaria hy? Sê kortliks.

8.

Noem enige drie ooreenkomste tussen Ilaria Jordaan en Ingrid Jonker se lewens.

9.

Wie haal Ilaria se liggaam aan die einde van die verhaal uit die see?

10.

Daar is deus ex machina in hierdie verhaal teenwoordig. Bespreek hierdie stelling kortliks.

 


Donderdag 02 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Sinstrukture)

Sinstrukture

1.

Het jy al voorheen van SkugterDigter gehoor?

 

Nee, ...

2.

SkugterDigter behoort haar regte naam op die blog te gebruik.

 

SkugterDigter hoef ...

3.

Ilaria se toespraak is interessant, maar Claude en Laetitia luister nie daarna nie.

 

Alhoewel ..., ...

4.

Ilaria besluit om ook nie na Laetitia se toespraak te luister nie.

 

Ilaria besluit dat ...

5.

Gerhard wou SkugterDigter se identiteit bekend maak. Hy wou wraak neem.

 

Gerhard wou óf ...

6.

Barend sê" "Ilaria, ek kan nie glo dat jy so iets gedoen het nie."

 

Volgens Barend ...

7.

Ilaria antwoord dat sy nou besef dit was die verkeerde ding om te doen.

 

Ilaria antwoord: "..."

8.

Ilaria drink slaappille om van haar vernedering te vergeet.

 

Ilaria drink slaappille sodat ...

9.

Ilaria drink baie whisky. Sy verdrink haarself in die see.

 

Nadat ..., ...

10.

Gerhard Cilliers verneder nooit weer iemand op sosiale media nie.

 

In die toekoms ...


Woensdag 01 Junie 2022

Brander en ander: Skugterdigter – Lynné Schoeman (Woordstrukture)

Woordstrukture

 

1.

Ilaria se toespraak is (van, vir, oor – regte voorsetsel) ___ Ingrid Jonker, die (populêre – sinoniem) ___ Afrikaanse digter, maar haar klasmaats toon min (belangstel – afgeleide naamwoord) ___.

2.

(Mejuffrou – afkorting) ___ Beukes moedig haar leerders aan om SkugterDigter se blog te besoek en 'n paar van haar (gedig – meervoud) ___ te lees.

3.

Versindaba dink SkugterDigter is (beslis – sinoniem) ___ 'n baie (talent – afgeleide byvoeglike naamwoord) ___ jong digter met baie potensiaal.

4.

Barend is verlief (met, vir, op – regte voorsetsel) ___ Ilaria, maar sy (spel – afgeleide naamwoord) ___ is so (goed – antoniem) ___ dat sy nie belangstel nie.

5.

Ilaria skryf 'n kort (gedig – verkleining) ___ oor die belangrikheid van (poetry – Afrikaans) ___ en taal en sy (plan – afgeleide werkwoord) ___ om dit na skool op haar blog te sit.

6.

Sy is altyd (in die middae – een woord) ___ vroeg reeds (by die huis – een woord) ___, maar vandag is sy nog (vroeg – vergrotende trap) ___ as gewoonlik.

7.

Ilaria is baie (opgewonde, opgewende, opwindend – regte word) ___ as KennerVanDieAand sê dat hy groot (bewonder – afgeleide naamwoord) ___ vir SkugterDigter het.

8.

Haar geheime (bewonder – afgeleide naamwoord) ___ bly (alleen – intensiewe vorm) ___ in Amsterdam en is blykbaar 'n (skryf – afgeleide naamwoord) ___.

9.

KennerVanDieAand is (uiteindelik, eindelik, eintlik – regte word) ___ Gerhard Cilliers wat (jealous – Afrikaans) ___ op Ilaria is en nou (wreek – afgeleide naamwoord) ___ wil neem.

10.

(A.g.v – skryf in woorde) ___ die foto van haar (naakte – antoniem) ___ borste en wat Gerhard (daaraan, daarmee, daarvan) ___ doen, besluit Ilaria om (suicide – Afrikaans) ___ te pleeg.