Wys tans plasings met die etiket In die Hoëveld. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket In die Hoëveld. Wys alle plasings

Maandag 20 Augustus 2018

10 VRAE OOR In die Hoëveld deur Toon van den Heever (3)


Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

Die spreker dink aan die _____ van die Hoëveld, waar dit maklik is om aan God te glo. Hy moes sy plaas verlaat om _____ te gaan verdien op die _____. Hy verbeel hom hy hoor die _____ van sy saal en toom as hy _____ na sy beeste of skape toe ry. Die verlange na die _____ van die Hoëveld bring 'n knop in sy keel. Hy is ongeveer al _____ jaar weg van die plaas af. Die spreker het nou _____ en hy _____ in sy gedagtes na al die mooi plekke op die plaas. Die woorde "kuddes waaigras huppel oor die veld" is 'n _____.


10 VRAE OOR In die Hoëveld deur Toon van den Heever (2)


1.      Waarom is dit so maklik om in die Hoëveld aan 'n God te glo?
2.      Watter plek word met "hier" in versreël 5 aangedui?
3.      Gee 'n voorbeeld van klanknabootsing uit die gedig.
4.      Wanneer het die spreker na sy vee toe gery?
5.      Waarom dink jy word die woord "maanlig" hier genoem?
6.      Wat het van die "ek" in die Hoëveld agtergebly?
7.      Wat beteken "bring 'n knop dan in jou keel"?
8.      Hoe lank is die spreker al weg van die plaas af?
9.      Verduidelik die woorde "en ek hoor die laaste fluit".
10.    Watter enkele woord in die laaste vier versreëls impliseer dat die spreker die Hoëveld nie meer fisies kan besoek nie?



10 VRAE OOR In die Hoëveld deur Toon van den Heever (1)


1.         Waar is die Hoëveld?
2.         Waarom is die hemel bo die Hoëveld dan wyd?
3.         Hoekom huppel die waaigras?
4.         Hoekom kan 'n mens nog vry asemhaal in die Hoëveld?
5.         Waarom staan die huisie so verlate in die Hoëveld?
6.         Is die gange in die myn (a) nou en gebonde of (b) ruim en vry?
7.         Van watter "spore" is daar sprake in die gedig?
8.         Verklaar of die spreker net een bees en een skaap gehad het.
9.         Watter beeldspraak vind ons in "Staan my huisie nog en wag"?
10.       Watter siekte doen 'n mynwerker dikwels op?