Maandag 25 September 2023

Oom Dirk Schutte

OOM DIRK SCHUTTE

1.

Greg se eerste kennismaking met oom Dirk verloop nie goed nie. Sê kortliks wat gebeur het.

2.

Hoekom kom oom Dirk Greg later by die universiteit se sportsentrum opsoek?

3.

Oom Dirk het op vroeë pensioen afgetree.

3.1

Watter werk het hy gedoen voordat hy op vroeë pensioen gegaan het?

3.2

Hoekom het hy vroeg afgetree?

4.

Hoe reageer oom Dirk as Greg vir hom vertel wat met Tom gebeur het?

5.

Oom Dirk belowe om Greg se ouers te probeer help.

5.1

Hoe weet ons dat sy hulp aan Greg se pa nie gehelp het nie?

5.2

Op watter manier help hy Greg se ma?

6.

Wat is oom Dirk se reaksie as Greg hom vertel wat met Plank gebeur het?

7.

Hoekom het Greg en Xander aanvanklik gedink dat oom Dirk die Baker was?

8.

Sê kortliks hoe Xander reageer wanneer oom Dirk vir Greg water in die Palazzo Vecchio aanbied.

9.

Oom Dirk het baie ervaring van misdadigers. Waar begin hy gewoonlik as hy 'n ondersoek doen?

10.

Hoekom is Xander deurentyd so antagonisties teenoor oom Dirk?

11.

Hoekom kan Ayla en oom Dirk nie vir Greg-hulle help waar hulle in die Koninklike Tuine in Venesië aangehou word nie?

12.

Vertel kortliks hoe Greg aan die einde oom Dirk se lewe red.

13.

Waar sien Greg vir oom Dirk en Lisa as hy weer terug in Suid-Afrika is?

 


Oom Dirk Schutte

 ANTWOORDE

1.

Oom Dirk het vir Lisa en Plank met sy bakkie kom aflaai om Greg by Kauai te ontmoet. Toe hy besef wie Greg is, het hy uit sy bakkie gespring en Lisa beveel om terug te klim. Hy het Greg gewaarsku om Lisa uit te los en toe het hy en Lisa weggery.

2.

Sy vrou het daarop aangedring dat hy vir Greg om verskoning moet vra vir sy vroeëre optrede.

3.1

Hy was 'n polisieman.

3.2

Sy werk in die polisie het soveel stres veroorsaak dat hy dit nie langer kon hanteer nie.

4.

Hy vloek en frommel die bierblikkie in sy hand op.

5.1

Greg se pa is in die tronk aangerand en hy is in die intensiewe sorgeenheid van 'n privaathospitaal opgeneem.

5.2

Sy is bekommerd oor Tom en vra dat oom Dirk hom (en vir Plank) moet probeer opspoor. Dis hoekom hy Florence toe gekom het.

6.

Oom Dirk is woedend en bal sy vuiste. Greg dink hy gaan hom aanrand. Oom Dirk vloek onderlangs en beskuldig Greg daarvan dat hy Plank vir die wolwe gevoer het.

7.

Oom Dirk het hulle naby die Baker se woonplek in 'n swart motor gejaag. Weens sy polisie-agtergrond het hy moontlik kontak met die onderwêreld.

8.

Hy wil Greg nie toelaat om die water te drink wat oom Dirk aanbied nie. Hy bied Ayla se waterbottel vir Greg aan.

9.

Oom Dirk glo dat as 'n mens 'n skelm wil vastrek, moet jy met die name van moontlike verdagtes begin.

10.

Hy glo oom Dirk nie wanneer hy sê dat hy nie die Baker is nie – hy is steeds agterdogtig teenoor oom Dirk.

11.

Hulle word self deur die Baker se manne aangehou. Hul hande is vasgebind en hul monde is toegeplak.

12.

Wanneer die snelboot Greg-hulle se boot tref en daar op hulle geskiet word, beland Greg en oom Dirk albei in die water. Oom Dirk kan nie swem nie en klou paniekerig aan Greg vas. Met 'n groot gesukkel slaag Greg uiteindelik daarin om oom Dirk na veiligheid te bring.

13.

By Plank se begrafnis. Almal wat Plank geken het, woon sy begrafnis by, insluitende Greg, Lisa en oom Dirk.