Vrydag 31 Augustus 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 5 (1)




1.
"Vir 'n oomblik lyk tant Molly onseker van haarself." (bl. 58)

1.1
Wat sê Caro vir tant Molly wat haar onseker laat voel?

1.2
Voordat tant Molly kan reageer, onderbreek Steyn die gesprek. Hoekom dink jy reageer hy so?
2.
Watter gevoel ervaar Caro as sy die aand mondfluitjie speel?
3.
By wie het Caro leer mondfluitjie speel?
4.
Waar kom Steyn-hulle oorspronklik vandaan?
5.
Verduidelik waar en hoe Caro haar kennis van krieket opgedoen het.
6.
As Steyn en Caro op die plaas rondry, sien Caro dat Steyn 'n draad aan 'n groot klip vasmaak en dit in 'n gat onder die draad laat hang. Hoekom doen hy dit?
7.
Caro wil by Ou Dok weet of hy haar na al die jare herken. Hy erken dat hy haar wel herken. Op watter manier herken hy haar tussen al sy pasiënte wat hy deur die jare gesien het?
8.
Caro geniet haar tydjie op die plaas baie. Wat versuur egter haar besoek as sy en Steyn na 'n rustige tydjie saam weer terugkeer na die plaashuis toe?
9.
"Caro word vuurrooi, is briesend en verneder."

9.1
Verduidelik die oorsaak van Caro se heftige reaksie?

9.2
Op watter manier word die vrede tussen Caro en Steyn weer herstel?
10.
Haal die woorde aan wat Steyn vir Caro sê waaruit duidelik blyk dat hy besef dat Caro 'n swaar las dra.




Donderdag 30 Augustus 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 4 (1)



1.
Wat veroorsaak die konflik tussen Caro en Salome in die personeelkamer?
2.
Betsie is van mening dat Salome venynig en persoonlik teenoor Caro optree omdat sy _____ is op Caro.
3.
Wat doen Caro om verdere konflik met Salome te vermy?
4.
Caro kom agter waarom George so antagonisties en uitdagend teenoor haar as krieketafrigter optree. Gee slegs een woord uit hierdie hoofstuk wat sy optrede verduidelik.
5.
Salome wil oënskynlik vir Caro wys dat daar nie by haar kwade gevoelens is oor die gebeure vroeër in die personeelkamer is nie. Op watter manier probeer sy vergoed vir haar optrede?
6.
6.1
Caro gaan speel op haar mondfluitjie op die skoolterrein. Van wie se teenwoordigheid raak sy bewus?

6.2
Waarom soek hierdie persoon vir Caro?
7.
Hoe oortuig Steyn vir die onwillige Caro om by sy planne in te val?
8.
Hoekom sukkel Caro om te glo dat Steyn bang is vir sy ma?
9.
Caro ontmoet ook vir Ou Dok, tant Molly se broer. Sy skrik, want sy ken hom, maar hy laat glad nie blyk dat hy haar ken nie. Hoeveel jaar terug het sy iets met Ou Dok te doen gehad?
10.
Ou Dok se naam vertel vir die leser dat hy 'n mediese dokter is. Wat is egter Ou Dok se rol op die plaas?



10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 3 (1)



1.
Lees op bladsy 30–31 wat oor Salome geskryf word.

1.1
Wat is "mooi" aan Salome?

1.2
Wat is "lelik" aan Salome?
2.
"waarom het sy dan teruggekom?"

2.1
Gee die twee redes waarom Caro na haar tuisdorp toe teruggekeer het.

2.2
Waarom begin Caro twyfel oor haar besluit om terug te kom?
3.
Caro neem die _____ van die leë werf op Blikkiesdorp waar en ervaar 'n gevoel van _____.
4.
Watter belangrike lewensles wat Caro by Jonty Rhodes geleer het, dra sy aan Lauren oor?
5.
Wat is, volgens Lauren, die sleutel van suksesvolle tienerskap?
6.
Hoekom is Salome so driftig gekant teen plaasboere in die algemeen en Steyn in die besonder se liefde vir die plaaslewe?
7.
Waarom is Salome eintlik so gefrustreerd met Steyn?
8
Wat besef Caro insake Steyn as sy na sy rustige vertelling oor sy lewe op die plaas luister?
9.
Caro sien vroeër die middag hoe vervalle haar eerstydse ouerhuis is. Op watter manier neem sy dieselfde toneel waar sonder die verval?
10.
Caro begin algaande die motiewe van haar terugkeer meer en meer ondersoek. Noem drie dinge waarna sy meer gesmag het as die liefde en opvoeding wat sy ontvang het.



Woensdag 29 Augustus 2018

10 VRAE OOR Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster: Hoofstuk 2 (1)


1.
"Vir 'n breukdeel van 'n sekonde versteen Caro se hand ..." (bl. 15)

1.1
Watter twee persone kom tydens ontbyt ter sprake wat Caro ontstel?

1.2
Wat besef Caro dadelik as sy hierdie persone se name hoor?
2.
Watter twee probleme het meneer Woodrow se weggaan vir die skool veroorsaak?
3.
Watter besware het Salome teen Caro se voorstel om die krieketspan af te rig?
4.
Beskryf kortliks watter toneel vir Caro begroet as sy tydens eerste pouse by die skoolsaal instap.
5.
Die seuns is stomgeslaan as hulle hoor dat Caro hulle nuwe krieketafrigter is. Watter seun is egter baie verbaal in sy teenstand teen hierdie reëling?
6.
Caro besef dat sy iets sal moet doen om die seuns se samewerking te kry. Watter ooreenkoms gaan sy met hulle aan?
7.
Wat besef Caro as sy na Lauren se betraande gesig kyk?
8
Op watter manier besluit Caro om vir Lauren te help?
9.
Caro besef dat die seuns haar tydens die eerste krieketoefening gaan toets. Hoe bevestig sy haar outoriteit oor die seuns om hulle sodoende te oortuig om vir haar 'n kans te gee om hulle af te rig?
10.
Gawie speel nie krieket nie, maar is tog deel van die span. Wat is sy rol in die krieketspan?