Maandag 20 Junie 2022

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 10

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 10

Watter een van die volgende feite is ONWAAR? 

10.1

Plank en Lisa se wankelrige verhouding

 

A

Plank laat met 'n stemboodskap vir Greg weet dat Lisa hom gebel het.

 

B

Hy sê dankie dat Greg met oom Dirk oor hul verhouding gaan praat het.

 

C

Lisa is later weer kwaad nadat sy Plank se Tinder-profiel gesien het.

 

D

Greg sê Plank moet 'n sielkundige gaan sien oor sy emosionele probleme.

10.2

Greg se woonstel word dopgehou

 

A

Plank is die eerste een wat sien dat die woonstel dopgehou word.

 

B

Die man sit op 'n motorfiets onder in die straat.

 

C

Greg dink hy herken die man, maar hy is nie seker nie.

 

D

Na 'n rukkie skakel die vreemdeling sy motorfiets aan en ry weg.

10.3

'n Pakkie vir Greg

 

A

Dit arriveer by die ontvangstoonbank by die ingang.

 

B

Plank is nuuskierig om te weet wat in die pakkie is.

 

C

Greg maak die pakkie met 'n skerp groentemes oop.

 

D

In die pakkie is daar 'n boek met die woord "Valkyrie" voorin.

Sondag 19 Junie 2022

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 9

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 9

Watter een van die volgende feite is ONWAAR?

9.1

"My naam is Dirk. Dirk Schutte."

 

A

Lisa het hom gestuur om Greg te kom soek.

 

B

Hy kom Greg verskoning vra vir wat hy vroeër gesê het.

 

C

Hy het opgelees oor Greg en sy rekords nagegaan.

 

D

Hy dring aan dat Greg hom van sy "hacker-goed" moet vertel.

9.2

Greg praat oor sy aktiwiteite

 

A

Hy het reeds met die polisie saamgewerk.

 

B

Die kraking was 'n uitdaging, maar dit het te ver gegaan.

 

C

Greg erken eerlik dat hy steeds besig is met kraking.

 

D

Greg belowe dat hy sal ophou met kraking.

9.3

'n Oud-polisieman wat "geboard" is

 

A

Dirk het verander in iemand wat hy nie wou wees nie.

 

B

Hy het vieslike mense gesien wat vieslike dinge doen.

 

C

Hy raak emosioneel as hy oor sy werk as polisieman praat.

 

D

Hy werk nou vir 'n sekuriteitsfirma en dit is baie beter.