Wys tans plasings met die etiket 10 vrae oor .... Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 10 vrae oor .... Wys alle plasings

Saterdag 11 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 25

"Lizette. Dit was lekker om weer jou stem te hoor."
Daar volg 'n stilte wat soos kougom uitrek voor sy sê: "Baai, Barries. Jy moet soms van jou laat hoor."

"Miskien. Baai."

1.
Hoekom is Barries by die rotse en nie bo-op die heuwel terwyl hy met Lizette oor die foon praat nie?
2.
Lizette vertel vir Barries dat sy en die twee broers by 'n reuse-kerk tot bekering gekom het, en  Barries reageer sinies:  " 'n Mens kan mos enige plek tot bekering kom, Lizette".
Teenoor wie het Barries voorheen 'n soortgelyke siniese opmerking gemaak?
3.
Wat bedoel Lizette as sy vir Barries sê: "Johannesburg kan nooit weer dieselfde wees nie, Barries"?
4.
Hoe het Charles de Kock blykbaar sy invloed as prokureur gebruik tydens Theo se hofsaak?
5.
Lizette is nie meer Barries se meisie nie, en Floris en Theo is nie meer sy vriende nie.
5.1
Wie is nou Barries se meisie?
5.2
Wie is nou Barries se vriend?
6.
Dokter Jassie du Toit het twee keer hulp aangebied wat Barries-hulle nie gebruik het nie. Verduidelik hierdie stelling.
7.
Jona loop vir die tweede keer die roete tussen Kaap St. Francis en Seeplaas. Wanneer het hy dit ook gedoen?
8.
Wat het van die beeld geword wat Barries van Olga gemaak het?
9.
Wat kry Barries aan die einde reg wat hy nie kon regkry toe hy die vorige keer op Seeplaas gebly het nie?
10.
Hoe voel jy oor die boek Asem? Skryf 'n kort paragraaf waarin jy jou mening uitspreek.


Vrydag 10 April 2020

ASEM - Jan Vermeulen


10 VRAE OOR HOOFSTUK 24

Sy raak aan sy arm. "Sersant Schreuder het my laat weet jy wil graag met my praat, maar toe jy vroeër hier was, het ek vir jou weggekruip."

"Hoekom?" Hy voel lomp oor sy eie vraag.

"Want ek was bang ..."

1.
Wie is die "menslike engel" met wie Barries praat wanneer hy by die hospitaal is?
2.
Sy sê sy het weggekruip toe Barries vroeër daar was omdat sy bang was. Waarvoor was sy bang?
3.
Hoe het sy dit reggekry om Barries-hulle te vergewe vir wat hulle gedoen het?
4.
Wat sê sy verder vir Barries van vergifnis?
5.
" ... maar toe jy vroeër hier was, het ek vir jou weggekruip."
5.1
Met wie het Barries wel gepraat toe hy vroeër daar was, en waaroor het hulle gepraat?
5.2
Met wie kon hy egter nie praat nie, en hoekom?

Hy laat gly die magasyn uit soos hy Paul dit sien doen het. Toe hy die wapen span om dit te ontlaai, krul sy vinger om die sneller en hy besef te laat hy het vergeet om die veiligheidsknip weer op te druk.
         
6.
Barries het Paul se pistool by hom en hy het dit amper vroeër gebruik.
6.1
Wie sou sy slagoffer gewees het?
6.2
Hoekom?
7.
Wat gebeur omdat Barries vergeet het om die veiligheidsknip op te druk?
8.
Watter skade rig Barries in die woonstel aan? Noem twee dinge.
9.
Hoe reageer die ander mense in die woonstelblok op hierdie insident?
10.
Barries is verward oor sy reaksie op die insident.
Hoe reageer hy, en hoekom verwar sy reaksie hom?