1.
|
Watter verklaring vir die titel is die
onwaarskynlikste?
Die poskaarte is gebuig omdat ...
|
|
|
A
|
die spreker waarskynlik dikwels daarna
kyk.
|
|
B
|
die spreker gebruikte poskaarte in
Parys gekoop het.
|
|
C
|
dit moontlik in die spreker se reistas
effens beskadig het.
|
|
D
|
poskaarte dikwels die werklikheid "buig"
en dinge mooier laat lyk.
|
2.
|
|
Watter aanduiding kry ons dat die
spreker se reisgenoot nie veel belangstelling in die besienswaardighede toon
nie?
|
3.
|
Die Seine-rivier loop deur die stad
Parys.
|
|
|
3.1
|
Van watter brug oor die Seine lees ons
in die gedig?
|
|
3.2
|
Op watter ander manier kan 'n mens
waarskynlik van die een oewer van die rivier tot by die ander een kom,
volgens wat in strofe 3 gesuggereer word?
|
4.
|
Twee beroemde plekke van aanbidding
word in die gedig genoem. Watter twee is dit?
|
|
5.
|
Die spreker besoek Parys gedurende die
winter.
|
|
|
5.1
|
Haal twee enkele woorde aan wat winter
aandui.
|
|
5.2
|
Gedurende watter seisoen sal jy graag
Parys wil besoek? Verskaf 'n goeie motivering vir jou antwoord.
|
6.
|
In watter woord in die gedig kom al
die letters van die naam "Parys" voor?
|
|
7.
|
Wat, dink jy, probeer die spreker
hierdeur van Parys sê? Verduidelik kortliks in jou eie woorde.
|
|
8.
|
Haal die reël uit die gedig aan wat 'n
parentese bevat.
|
|
9.
|
Haal 'n sinoniem uit die gedig aan vir
"kronkel".
|
|
10.
|
Lees strofe 1 en sê watter vokaalklank
deurgaans herhaal word (assonansie).
|
Donderdag 28 Februarie 2019
10 VRAE OOR Gebuigde Poskaarte deur René Bohnen
Etikette:
10 vrae oor ...,
Gedigte
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking