Vrydag 21 Oktober 2022

Die middag reën roet

NUWE PUBLIKASIE!  NUWE PUBLIKASIE!  NUWE PUBLIKASIE!

Die middag reën roet

Skrywer: Kobus Grobler

Uitgewer: Turksvy Publikasies, 2022

Die roman, Die middag reën roet is Kobus Grobler se debuutroman. Kobus is ‘n onderwyser van Kaapstad en is ‘n bekende in IEB-kringe. Sy gedigte, Susan Boyle en Taylor Swift is opgeneem in Toulopers, verse vir tieners (Lapa, 2011) en voorgeskryf vir graad 12. Kobus het ‘n MA in Kreatiewe Skryfkunde onder leiding van Marlene van Niekerk behaal.

Jaco, ‘n sensitiewe seun moet groot word in ‘n onstabiele omgewing van groeiende politieke onrus en verset. Hy begin sy standerd 5 jaar en voel dat 1973 ‘n groot jaar gaan wees. Hy voel hy moet dagboek hou van die jaar en begin die jaar se gebeure opteken in sy Croxley Hard Cover. Hy klim op die huis se dak sodat hy die rooi flambojante in die dorp se strate kan bewonder en om Maria se elokashini aan die buitewyke van die dorp te soek, die plek waarheen sy pa hulle verbied het om te gaan. Hy sukkel om met sy pa, die held wat hy desperaat nodig het, te praat. Sy pa se onverdraagsaamheid teenoor swartmense en sy irritasie met die predikant met die sagte hande laat hulle verder van mekaar dryf. Hy maak 'n pophuis vir sy driejarige suster, Elsa, ‘n manier om weg te kom van alles wat verkeerd is. Hy het probleme met sy jonger broer, Henk, wat hom ‘n sissie noem. Jaco sien Maria, die huisbediende, se swaarkry raak en hy dink die vrou het hy liewer as sy eie ma. Hy maak tuin saam met Manuel, die weggooikind wat nog nooit sy Portugese pa ontmoet het nie. Dan is daar Lila wat hom leer van Indiese lap en vir hom ‘n knoop gee, ‘n spesiale geskenk wat sy van haar ouma gekry het.


Donderdag 06 Oktober 2022

Donker web Meerkeusige vrae

 

Donker web Meerkeusige vrae

Donker web Meerkeusige Vrae Nagebeure

NAGEBEURE

Donker web Meerkeusige Vrae Nagebeure

1.1

Wie het nie Plank se begrafnis bygewoon nie?

 

A

Greg se ma

 

B

Xander Gericke

 

C

Nicole

 

D

Lawson Kollege-onderwysers

1.2

Hoe reageer Greg se pa op Greg se woorde: "Jou pa bly steeds jou pa."

 

A

Hy smeek Greg om vergifnis.

 

B

Hy loop weg sonder om Greg te groet.

 

C

Hy kry trane in sy oë as Greg dit sê.

 

D

Hy dink elkeen kry wat hy verdien.

1.3

1.1           Wie wag nie vir Greg wanneer hy buite die tronkterrein kom nie?

 

A

Nicole

 

B

Greg se ma

 

C

André Symington

 

D

Dirk en Lisa