Saterdag 23 April 2022

Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Algemeen)

Brander en ander: Kadawers – Tanya van Buuren Botma (Algemeen)

Hier volg 'n paar inskrywings wat die volgende aspekte oor Kadawers deur Tanya van Buuren Botma bevat:

1.   Opsomming

2.   Inhoudsvrae

3.   Sinstrukture

4.   Woordstrukture

5.   Kommunikasie

6.   Kommunikasie antwoorde

Eendag is eendag deur Marlene Smit, Varing deur Jaco Jacobs en Judasbroer deur Santie Nel is reeds geplaas. Gaan terug na vorige plasings.

Gebruik dit gerus in die klaskamer en/of vir hersiening. Verwys ook julle leerders na hierdie blog.

Soek Brander en ander regs onder die opskrif Etikette en kies Brander en ander. Dan sien jy slegs die plasings uit die voorgeskrewe kortverhale.

 

Vrydag 22 April 2022

Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Opsomming)

Opsomming

 

Eva sien op Facebook hoe suksesvol haar vriende is, maar haar eie lewe voel soos 'n mislukking.

Sy word uitgenooi na Hoërskool Bergkruin se 10 jaar-reünie, maar sy weet nie of sy wil gaan nie.

Sy dink terug aan haar matriekjaar en hoe haar vriendskap met Linda tot 'n einde gekom het.

Linda en die vreemde Daniël het begin uitgaan, en Eva en Henno het 'n kort verhouding gehad.

Daniël was tuis mishandel, maar net Linda en juffrou Slabbert het begrip vir die situasie gehad.

Eva-hulle het Daniël as "weird" beskou en sy en Henno het die lewe vir hom baie moeilik gemaak.

Linda was teleurgesteld in Eva se optrede teenoor Daniël en sy het kontak met Eva begin vermy.

Eva en Henno se verhouding het geëindig nadat hulle die eerste keer seks by die skool gehad het.

Tien jaar later is Linda en Daniël steeds gelukkig saam, terwyl dinge nie vir Eva uitgewerk het nie.

Sy wil graag vriende met Linda-hulle maak en rig 'n vriendskapsversoek tot Daniël op Facebook.

 

Donderdag 21 April 2022

Brander en ander: Kadawers - Tanya van Buuren Botma (Inhoudsvrae)

Inhoudsvrae

 

1.

Gee twee redes hoekom Eva vir Daniël as 'n goth beskou het.

2

Wanneer het Linda se suster en juffrou Slabbert mekaar leer ken?

3

Wat dink Linda se suster van juffrou Slabbert?

4.

Daniël reageer vreemd wanneer hy die kat-embrio's in die glasfles sien.

4.1

Waaraan herinner die kat-embrio's hom?

4.2

Wat word uiteindelik van die kat-embrio's?

5.

Hoekom dra Daniël nie 'n windbreker in die skool se kleure nie?

6.

Hoekom dra hy elke dag sy swart windbreker skool toe?

7.

Henno, sowel as Daniël se stiefpa, is gewelddadige mense. Motiveer hierdie stelling deur 'n voorbeeld.

8.

Eva, Henno en Daniël is vroeg een aand agter die skool se tuinskuur.

8.1

Wat het Eva en Henno daar kom doen?

8.2

Wat het Daniël daar kom doen?

9.

Wat sien Eva as sy op Daniël se Facebook-blad ingaan?

10.

Watter versoek rig sy tot Daniël as sy dit sien?