Vrydag 30 Julie 2021

TAALOEFENING vir DBE-skole

LEESBEGRIP

KOMMENTAAR OP DIE GEWONDE HADEDA

Daar was baie kommentaar op die koerantberig van die hadeda wat met 'n pyl in sy rug rondvlieg. Lees party van die kommentaar hieronder en beantwoord dan die vrae daaroor.

M Roelofse - Baie baie dankie aan die goeie harte wat die arme dier probeer help … vieslike gemors wat dit gedoen het!   

Hennie Biebouw - Die goed is 'n pes, en dwing inheemse voëls uit hul onderskeie streke. Die goed het 20 jaar gelede die eerste keer in die Wes-Kaap begin verskyn. Sedertdien is die provinsie vervuil van hulle.

Corrie du Toit - Ek hoop sy maats sien dit en trek na 'n ander land toe. Dis 'n lastige vuilgat. Hy skyt en skree asof hy betaal word.

Paul Viljoen - Jammer die ou het nie beter geskiet nie, daardie goed raas en vervuil net die wêreld.

C G - Iemand wat vir 'n kind 'n pyl en boog skenk, moet sy kop laat lees. Dit kan 'n baie gevaarlike wapen wees.

Du Plessis - Al ooit gewonder waarvoor soek hierdie voëls op jou grasperk? Hulle vreet al jou erdwurms wat help om jou gras mooi te laat groei. So julle weet watter een ek sal kies …

Chris van Heerden - Die mens is darem maar 'n wrede wese.

R Corda - Ek verstaan goed hoekom die blikskottel 'n pyl gekry het! Die man met die boog kan by my kom kuier – my African Grey papegaai het soos 'n hadeda begin skree.

Johan Venter - Ek kan nie glo dat mense so wreed kan wees om voëls of diere te wil skiet of doodmaak nie.

Trudie Coetzer - Ek hou van hadedas. Daar is gewoonlik drie of vier in ons tuin.

Simone Dreyer - Dat iemand so siek kan wees. Mag daardie pyl hom tref waar dit seermaak.

Cobus Botha - Verstommende logika wat hier na vore tree. Nadat die voël al vir etlike dae blakend gesond met die pyl rondvlieg, verklaar iemand uitasem: "Ons dink nie enige lewensbelangrike orgaan is getref nie." Ja, right.

[Verkry van NETWERK24, Saterdag 31 Januarie 2021]

1.

Hoeveel van die kommentators hierbo

 

1.1

voel jammer vir die hadeda?

1

1.2

het geen simpatie met die hadeda nie?

1

2.

Watter kommentator sê nie hoe hy/sy oor hadedas voel nie?

1

3.

Noem enige twee kommentators wat kla oor die lawaai wat hadedas maak.

2

4.

Na wie/Waarna verwys

 

4.1

M Roelofse met "vieslike gemors"? Kies jou antwoord uit die volgende:

A        Na die hadeda met 'n pyl in sy rug.

B        Na die moeilike situasie om die voël in die hande te kry.

C        Na hadedas wat plaveisel en grasperke met hul mis bemors.

D        Na die persoon wat die hadeda met 'n pyl geskiet het.

 

 

1

4.2      

Corrie du Toit met "lastige vuilgat"?

1

5.

Gee twee voorbeelde van natuurlewe wat deur hadedas bedreig word.

2

6.

Ons lees dat die Wes-Kaap "vervuil" is van hadedas.

Wat beteken dit? Kies jou antwoord uit die volgende:

A        Hadedas maak 'n groot gemors waar hulle kom.

B        Daar is baie hadedas in die Wes-Kaap.

C        Hadedas is nie skoon voëls nie.

D        Hadedas maak 'n harde lawaai.

 

 

1

7.

Wie van die kommentators sal graag die pylskieter persoonlik wil ontmoet?

1

8.

Wie dink die skieter moet ook met 'n pyl geskiet word?

1

9.

Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR:

Du Plessis verkies hadedas bo erdwurms.

1

10.

Sê kortliks wat die volgende uitdrukking beteken:

"Hy … skree asof hy betaal word."

1

TAALOEFENINGE

Sinstrukture

 

1.

"Baie dankie aan die goeie harte wat die arme dier probeer help."

 

 

Baie dankie aan die goeie harte wat probeer …

1

2.

"Die goed is 'n pes, en dwing inheemse voëls uit hul onderskeie streke."

 

 

Die goed is 'n pes, wat …

1

3.

"Hadedas vervuil die hele Wes-Kaap."

 

 

Die hele Wes-Kaap …

1

4.

"Die goed het twintig jaar gelede in die Wes-Kaap begin verskyn."

 

 

Twintig jaar gelede ...

1

5.

"Ek hoop sy maats sien dit en trek na 'n ander land toe."

 

 

Ek hoop sy maats sien dit en besluit …

1

6.

"Dis jammer die ou het nie beter geskiet nie, daardie goed raas verskriklik."

 

 

Dis jammer dat …, omdat …

2

7.

"Het jy ooit gewonder waarvoor hierdie voëls op jou grasperk soek?"

 

 

Nee, …

1

8.

Die mens is darem maar 'n wrede wese.

 

 

Die mens kan ...

1

9.

Trudie Coetzer sê: "Ek hou van die drie hadedas in ons tuin."

 

 

Trudie Coetzer sê dat ...

1

10.

"Die hadedas het die erdwurms op ons grasperk gevreet."

 

 

Die erdwurms ...

1

Woordstrukture

 

Baie dankie aan die 1 (goed + hart – vorm 'n samestelling) ___ mense wat die voël probeer 2 (rescue – gee die Afrikaans) ___ het. Daar is soveel 3 (wreed – gee 'n afgeleide naam-woord) ___ by mense.

 

3

 

 

Hadedas het aan die 4 (einde, ent, end – kies die regte woord) ___ van die twintigste 5 (century - gee die Afrikaans) ___ na 6 (S.A. – skryf in woorde) ___ toe gekom.

3

 

 

Hulle is 7 (inheemse – gee 'n antoniem) ___ voëls en dwing inheemse voëls uit hul 8 (streke – gee 'n sinoniem) ___. Ek hoop hierdie voël en sy maats 9 (immigreer, emigreer – kies die regte woord) ___ sommer 10 (kort-kort, kortliks, binnekort – kies die regte woord) ___ na 'n ander land toe.

 

4

 

 

Kinders moet wegbly van pyle en 11 (boog – gee die meervoud) ___, want dit kan 12 (gevaarlik – gee die intensiewe vorm) ___ wees as jy nie weet hoe om dit te 13 (hand – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ nie.

 

3

 

 

Selfs 'n klein pyltjie en 14 (boog – gee die verkleining) is gevaarlik as dit in die 15 (regte – gee 'n antoniem) ___ hande 16 (land, beland, geland – kies die regte woord) ___. Gelukkig het die pyl nie 'n 17 (lewe + belangrik – vorm 'n samestelling) ___ orgaan getref het nie.

 

4

 

 

Een 18 (kommentaar – gee 'n afgeleide persoonsnaam) ___ verstaan goed 19 (hoekom – gee 'n sinoniem) ___ die hadeda 'n pyl gekry het, want hulle lawaai en 20 (bevuil, vervuil, vervul – kies die regte woord) ___ die wêreld.

 

3