Dinsdag 06 September 2022

Donker web Meerkeusige Vrae

Donker web Meerkeusige Vrae

 Donker web Meerkeusige Vrae 

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 25

HOOFSTUK 25

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 25

Watter een van die volgende feite is ONWAAR? 

25.1

Chloe, die weird kunstenaar

 

A

Sy is 'n kunsstudent by die universiteit.

 

B

Haar woonstel is baie netjies en elke ding het 'n plek.

 

C

Haar eie skilderye hang teen een muur van haar woonstel.

 

D

Dit was baie pynlik toe sy 'n naeltjiering laat insit het.

25.2

Amazing, asof ek dit self gedoen het

 

A

Chloe gebruik Photoshop-gereedskap om die foto te manipuleer.

 

B

Greg en Chloe is albei baie tevrede met die eindresultaat.

 

C

Daar is bloed en 'n lekker snymerk in die gemanipuleerde foto.

 

D

Sy wis haar persoonlike inligting uit voordat sy die foto vir Greg stuur.

25.3

Nie weer dit nie!

 

A

Greg dink daar is weer by sy woonstel ingebreek.

 

B

Hy onthou nou dat hy vergeet het om sy deur te sluit.

 

C

Hy haal die slagtersmes uit die kombuislaai.

 

D

Hy sien bloed wanneer die badkamerdeur oopgaan.

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 24

HOOFSTUK 24

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 24

Watter een van die volgende feite is ONWAAR?

24.1

Kleiner as 'n ryskorrel

 

A

Greg kry meer inligting oor die pakkie se inhoud op 'n webblad.

 

B

In die boks is daar goed waarmee 'n mens wonde ontsmet.

 

C

Daar is 'n piepklein elektroniese skyfie in die pakkie.

 

D

Die elektroniese skyfie word in 'n mens se skouer ingeplant.

24.2

Ek laat my nie biohack nie.

 

A

Grinders is mense wat hul toerusting eers op hulleself uittoets.

 

B

Xander sê Greg moet die transponder self in sy hand inplant.

 

C

Met 'n transponder in jou hand het jy nie sleutels nodig nie.

 

D

Xander wil bewys hê dat die transponder in Greg se hand is.

24.3

Die nuwe revolusie – Ons gaan masjiene word

 

A

Almal gaan een of ander tyd transponders in hul liggame hê.

 

B

Transponders is nog maar net die begin van die nuwe revolusie

 

C

Mense gaan een of ander tyd in masjiene verander. 

 

D

As Greg nie 'n transponder wil gebruik nie, sal Xander hom steeds help.