Wys tans plasings met die etiket Sonstilstand. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Sonstilstand. Wys alle plasings

Saterdag 28 Mei 2022

Brander en ander: Sonstilstand - Jan van Tonder (Algemeen)

Brander en ander: Sonstilstand – Jan van Tonder (Algemeen)

Hier volg 'n paar inskrywings wat die volgende aspekte oor Sonstilstand deur Jan van Tonder bevat:

1.   Opsomming

2.   Inhoudsvrae

3.   Sinstrukture

4.   Woordstrukture

5.   Kommunikasie

6.   Kommunikasie antwoorde

Eendag is eendag deur Marlene Smit, Varing deur Jaco Jacobs, Judasbroer deur Santie Nel en Kadawers deur Tanya van Buuren Botma is reeds geplaas. Gaan terug na vorige plasings.

Gebruik dit gerus in die klaskamer en/of vir hersiening. Verwys ook julle leerders na hierdie blog.

Soek Brander en ander regs onder die opskrif Etikette en kies Brander en ander. Dan sien jy slegs die plasings uit die voorgeskrewe kortverhale.



Vrydag 27 Mei 2022

Brander en ander: Sonstilstand - Jan van Tonder (Opsomming)

Opsomming

 

Hattie ontmoet vir Gerhard tydens die Kersvakansie wanneer sy per ongeluk teen sy bene vasduik.

Hulle bring daardie aand en die volgende dag (Kersdag) saam deur en doen allerhande dinge.

Na Kersfees gaan Gerhard vir twee weke Maritius toe en Hattie mis hom vreeslik terwyl hy weg is.

Hulle ontmoet mekaar eers die volgende jaar op die eerste skooldag – hulle is in dieselfde skool.

Hattie en Gerhard se verhouding groei stadig – sy wil nie oorgretig in 'n verhouding instorm nie.

Na 'n paar maande saam het Hattie en Gerhard seks op Hattie-hulle se seiljag en sy raak swanger.

Sy besluit om 'n aborsie te ondergaan en Gerhard is baie bly, want hy is nie gereed vir 'n kind nie.

Hattie vertel vir niemand anders van haar aborsie nie en sy is baie depressief en hartseer daaroor.

Haar ma kan sien hoe ongelukkig en hartseer Hattie is en sy wil weet of sy 'n aborsie gehad het.

Hattie ontken dit, maar haar ma besef intuïtief wat Hattie gedoen het en sy is baie ondersteunend.

 


Donderdag 26 Mei 2022

Brander en ander: Sonstilstand - Jan van Tonder (Inhoudsvrae)

Inhoudsvrae

 

1.

Waar bring Gerhard die twee weke na Kersfees deur?

2.

Hoe voel Hattie en Gerhard gedurende hierdie twee weke?

3.

Wat dink Hattie se ma moet sy doen as sy Gerhard na die vakansie weer sien?

4.

Hoekom, dink jy, hou Hattie se pa aan die begin nie van Gerhard nie?

5.

Wat oorreed hom om van Gerhard te begin hou?

6.

Wat doen Hattie en Gerhard wanneer hulle die tweede keer saam op die boot is?

7.

Hoe tree Gerhard hierna teenoor Hattie op?

8.

Wat is die gevolg van hierdie gebeure op die boot?

9.

Wat besluit Hattie om aan die situasie te doen, en hoe voel Gerhard hieroor?

10.

Wat dink jy besef Hattie se ma as sy die omslae van die twee Nirvana-CD's sien?