Vrydag 23 November 2018

Leesbegrip: Bene breek nie hul enigste talent nie


BENE BREEK NIE HUL ENIGSTE TALENT NIE

Drie lede van die Optic Skulls-bende* en drie lede van die Benign Bonecrushers-bende ry in 'n trein. Die Optic Skulls koop drie kaartjies en die Bonecrushers koop net een. Die Optic Skulls vra: "Hoe gaan julle hiermee wegkom?"

"Julle sal sien," sê die Bonecrushers.

Toe die kondukteur omkom om die kaartjies te kontroleer, gaan kruip al drie Bonecrushers in een toilet weg. Toe die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot hulle die een kaartjie onder die deur deur.

*   *   *   *
Toe hulle weer trein ry, koop die Optic Skulls net een kaartjie en die Bonecrushers koop geen kaartjies nie. Toe die kondukteur omkom, gaan kruip al drie Optic Skulls in een toilet weg.

Toe die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot die Optic Skulls die een kaartjie onder die deur deur. Die Bonecrusher buite die deur vat die kaartjie en die drie Bonecrushers gaan kruip in 'n ander toilet weg en wag dat die kondukteur aan hulle deur moet klop  ...
[Verwerk uit Huisgenotjies, HUISGENOOT, 3 Mei 2007]
*bende = gang


1.
Wat is ironies van die naam Benign Bonecrushers?
2.
Watter groep, dink jy, het al die meeste trein gery, en hoekom dink jy so?
3.
Wat noem 'n mens die persoon wat kom kyk of die passasiers kaartjies het?
4.
Watter woord sal die Bonecrushers die beste beskryf? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
intelligent

B
eerlik 

C
skelm 

D
arm 
5.
Hoeveel kaartjies ...

5.1
is altesaam vir die twee treinritte gekoop?

5.2
moes hulle eintlik gekoop het?
6.
Wat het die kondukteur gedink toe hy aan die toiletdeur klop en een kaartjie word onder die deur deurgestoot?
7.
Wat het hy dus nie geweet nie?
8.
Terwyl die drie Optic Skulls tydens die tweede rit in die toilet weggekruip het, was daar 'n klop aan die deur.

8.1
Watter groot fout het die drie Optic Skulls hier begaan?

8.2
Wat het hulle dus nie besef nie?
9.
Na wie word daar in die titel van die teks verwys?
10.
Watter ander talent het hulle ook nog?



[http://classroomclipart.com]

Leesbegrip: Selfone al stokoud


SELFONE AL STOKOUD

Nadat Russiese wetenskaplikes opgrawings* tot 'n diepte van 100 m in Rusland gedoen het, kom hulle af op oorblyfsels* van koperdraad wat 'n duisend jaar oud is. Daaruit lei hulle af dat hul voorouers al 'n duisend jaar gelede 'n telefoonnetwerk gehad het.

Om nie by die Russe af te steek nie, laat die Amerikaners ook opgrawingswerk in hul eie land doen. Hulle wetenskaplikes kry op 200 m glasvesels. Die vesels is tweeduisend jaar oud. Daaruit lei hulle af dat hul voorouers tweeduisend jaar gelede al 'n digitale telefoonnetwerk gehad het.

Koos besluit hy kan dit nie daar los nie. Hy grawe tot 1 000 m op sy plaas in Suid-Afrika en laat weet vir die Russe en Amerikaners: "Ek het niks gekry nie. Daaruit lei ek af dat my voorouers duisende jare gelede al selfone gehad het!"
[Uit Huisgenotjies, HUISGENOOT, 14 September 2009]

*opgrawings = excavations
*oorblyfsels = remains

1.
Verduidelik: "om nie by die Russe af te steek nie ..."
2.
Wat, dink jy, is Koos se beroep?
3.
Watter enkele woord dui dit aan?
4.
Kyk na die statistieke en sê hoeveel jaar dit die aarde se oppervlak neem om met een meter te styg.
5.
Wat noem 'n mens jou familie wat lank gelede geleef het? Haal 'n enkele woord uit die teks as antwoord aan.
6.
Is die opskrif van die teks 'n feit of 'n mening?



Leesbegrip: 'n Hondelewe in Brakpan se diens



NOU TOE NOU!
'n Hondelewe in Brakpan se diens

‘n Munisipale werker van Brakpan word reeds die afgelope ses jaar R15 000 per maand betaal om niks te doen nie, het Sowetan die afgelope week berig.

Rejoice Marota het geen amptelike pos by die munisipaliteit nie. Sy gaan elke dag om 08:30 kantoor toe waar sy dan lees, tee drink en middagete nuttig voordat sy om 16:30 haar handsak vat en huis toe gaan.

Sedert 2007 pluk sy ook die vrugte van al haar harde werk in die vorm van jaarlikse verhogings en bonusse.
 [Uit: Rapport, 20 Oktober 2012]


1.

Op watter manier het die publiek vir die eerste keer van hierdie absurde storie gehoor?
2.

Hoekom doen die munisipale werker geen werk wanneer sy by haar werkplek is nie?
3.

Nie net verdien die werker 'n maandelikse salaris om niks te doen nie. Watter ander voordele het sy ook nog? Gee slegs twee enkele woorde uit die teks as antwoord.
4.

Ons vind heelwat ironie in hierdie teks.

4.1
Wat is ironies aan die subtitel van die teks?

4.2
Hoekom is die laaste sin in die kort teks ironies?
5.

Verduidelik hoekom die munisipale werker eintlik 'n baie paslike naam het.
6.

As die munisipale werker se maandelikse salaris elke jaar met 5% gestyg het, hoeveel verdien sy ongeveer per maand in 2018? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
R 16 000

B
R 18 000

C
R 20 000

D
R 22 000


Donderdag 15 November 2018

Die Testament: Woordspeletjie

Gebruik die volgende leidrade om die ruit te voltooi en die ontbrekende woord te vind.

1.
Katinka wil graag hierdie meubelstuk erf.
2.
Die testament vereis dat die Rousseau-gesin absoluut ____ moet wees om te kwalifiseer om die geld te erf.
3.
Die naam van die persoon wat oorlede is.
4.
Herman se vrou se naam.
5.
Daar is 'n hele aaantal _____ waaraan die Rousseau-gesin moet voldoen voordat hulle kan erf.
6.
Die Rousseau-gesin moet vir drie _____ niks van die plaas verwyder of verkoop nie.
7.
Dit is gereeld by die ouetehuis afgelewer.
8.
Sy moet met die 1945 Willis rondry.
9.
Een van die voorwaardes is dat die werf en die _____ goed versorg moet word.


Die Testament: Erfgename


10 VRAE OOR Kabouterliefde deur Ingrid Jonker

1.
Wat is die funksie van die herhaling in "rooi-rooi" (reël 1)? Sê duidelik.
2.
Die kabouter is baie vrygewig (generous), volgens strofe 1. Verduidelik hierdie stelling met twee voorbeelde.
3.
Ons lees dat die sterre "geknipoog" het.

3.1
Wat doen 'n mens as jy knipoog?

3.2
Wanneer knipoog 'n mens gewoonlik?
4.

Hoekom trek 'n mens 'n kring/laer rondom iets of iemand?
5.
Ons lees in reël 13 van die kabouter se "trom-trompet". Dit verwys na twee musiekinstrumente, 'n trom en 'n trompet.

5.1
Watter een van dié twee instrumente word geïmpliseer?

5.2
Gee 'n rede hoekom jy so dink.
6.
"Kalkoentjies" verwys nie hier na die pluimvee wat vir Kersfees geslag word nie. Waarna verwys dit?
7.

Kleur speel 'n belangrike rol in hierdie gedig.

7.1
Noem drie geel dinge wat in die gedig genoem word.

7.2
Noem nog drie ander kleure wat genoem word.
8.
Noem drie ronde voorwerpe waarna daar in die gedig verwys word.
9.
Stylfigure –

9.1
Gee 'n goeie voorbeeld van onomatopee uit die gedig.

9.2
Gee een voorbeeld van elisie (klankweglating, lettergreep-reduksie) uit die gedig.
10.
Kyk na die toon van die gedig en na ander leidrade en sê dan vir wie jy dink hierdie gedig geskryf is.