Dinsdag 21 Julie 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge


SINSTRUKTURE

 A.  Ontkennende vorm (Negatief)

Skryf die sinne of beantwoord die vrae hieronder in die ontkennende vorm soos aangedui:

1.
Paul en Barries besoek nie die dokter as hulle in Humansdorp kom nie.

Nóg ...




2.
Die veearts behoort X-strale van Jona te neem.

Die veearts hoef ...




3.
Het jy al ooit inwendige beserings gehad?

Nee, ...




4.
Is daar nog iets wat Barries kan verkoop om geld te kry?

Nee, ...




5.
Jona moet twee weke lank by die veearts bly.

Jona hoef ...




6.
Het Barries dagga by die Nigeriese straathandelaar gekoop?

Nee, ...




7.
Paul het niks gesê van die man wat hy doodgeslaan het nie. Barries se ma het ook niks gesê nie.

Nóg ...




8.
Het Paul al verskoning gevra vir sy optrede in die verlede?

Nee, ...




9.
Wil oom Charles nog oor Paul se kriminele rekord praat?

Nee, ...




10.
Het Paul al die skildery voltooi waarmee hy besig was?

Nee, ...





ASEM-gebaseerde taaloefeninge


B.       Gemengde oefeninge

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

1.
Barries smeek Paul om Jona veearts toe te neem. Hy bied aan om self daarvoor te betaal.

Barries smeek Paul: "...  Ek ..."




2.
Paul se bakkie is baie luukser as Stef se Beach Buggy. Hulle ry in die bakkie.

Paul se bakkie waarin ..., ...




3.
Goue labradors is goeie gesinshonde. Hulle is ook goeie gidshonde.

Goue labradors is sowel ...




4.
Jona word deur Gretha Hakinin met inwendige beserings gediagnoseer.

Gretha Hakinin ...




5.
Barries betaal 'n tweeduisend rand deposito vir 'n moontlike operasie.

'n Twee duisend rand deposito ...




6.
Barries gaan na die Nigeriër wat dagga verkoop. Hy koop net 'n halsband vir Jona.

Barries gaan na die Nigeriër wat dagga verkoop, tog ...




7.
Nico Schreuder stuur gereeld selfoonboodskappe aan Barries.   

Barries kry ...




8.
Paul het net een sielsgenoot gehad en dit was Barries se ma.     

Volgens ... en dit was Barries se ma.




9.
Fillie Booysen vra verskoning dat hy Barries se klere geneem het.

Fillie Booysen sê: " Barries, ..."




10.
Paul vang nie vis nie, want hy maak nie graag dood nie.

Aangesien ..., ...






[Bron: https://www.vecteezy.com/vector-art/153870-offroad-vehicle]