Maandag 24 Augustus 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 15

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

 

1

Stef is in sy kamer en wil nie die deur vir Olga oopmaak nie.

 

Stef is in sy kamer en weier ...

 

 

 

 

2

Paul ry om te gaan kyk wat met Stef aangaan.

 

Paul ry sodat ...

 

 

 

 

3

Olga het 'n kwaai hoofpyn en Barries vat haar na sy kamer toe.

 

Aangesien ..., ...

 

 

 

 

4

Barries vra: "Kan ek vir jou pienk pille vir jou hoofpyn gee, Olga?"

 

Barries vra vir Olga ...

 

 

 

 

5

Volgens Olga is sy verslaaf aan seks. Sy kan nie daarsonder klaarkom nie.

 

Volgens Olga is sy verslaaf aan seks waarsonder ...

 

 

 

 

6

Paul en Stef arriveer later en Stef wil dadelik vertrek.

 

Wanneer ..., ...

 

 

 

 

7

Later vertel Barries vir Jona dat hy lus vir dagga is, maar dit nie kan kry nie.

 

Later sê Barries: "Jona, ..."

 

 

 

 

8

Daardie nag maak Jona Barries wakker en hy sien dat Jona bloed opgebring het.

 

Daardie nag word ... en hy sien dat Jona bloed opgebring het.

 

 

 

 

9

Paul lê met sy klere aan dwars oor sy bed en slaap.

 

Met sy klere aan ...

 

 

 

 

10

Die duur Gibson-kitaar word deur Barries teen die muur stukkend geslaan.

 

Barries ...

 

 

 

 


Sondag 23 Augustus 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 15

WOORDSTRUKTURE

Meervoude

Kyk na die sinne in die raam hieronder en gee die meervoud van 10 donkergedrukte woorde. Gee in 'n aparte lysie die 5 donkergedrukte woorde wat nie 'n meervoud in die konteks het nie.

 

Olga het 'n kwaai hoofpyn en Barries vat haar na sy kamer toe.

Olga vertel dat sy en Stef mekaar in 'n "hospitaal vir malles" ontmoet het.

Volgens Olga is sy verslaaf aan seks. Sy kan nie daarsonder klaarkom nie.

Olga het 'n jaar lank in Johannesburg gebly nadat sy uit Windhoek weggeloop het.

Olga het skynbaar vir Stef vertel dat Barries haar kaal op 'n rots gesien het.

Barries vertel vir Jona dat hy lus vir dagga is, maar dit nie in die hande kan kry nie.

Daardie nag maak Jona Barries wakker en hy sien dat Jona bloed opgebring het.

Paul lê met klere en al op sy bed en Barries ruik die sterk brandewynwalm.

As Barries weer in sy kamer kom, slaan hy sy kitaar teen die muur stukkend.

Hy roep aanhoudend na Paul, maar kry geen reaksie nie.

Meervoude

__________

__________

__________

__________

__________

__________

__________

__________

__________

__________

Geen meervoude

__________

__________

__________

__________

__________