Saterdag 30 Junie 2018

10 VRAE OOR Vincent van Gogh van DJ Opperman (2)


1.   Wie is die "jy" in die gedig?
2.   Uit watter enkele woord weet ons dat Van Gogh nie 'n suksesvolle evangelis was nie?
3.   Uit watter enkele woord in die eerste vier versreëls weet ons dat die mense nie veel van Van Gogh as evangelis gedink het nie?
4.   Wat veroorsaak volgens die gedig dat mens sowel as boom pyn ervaar?
5.   Watter vier dinge het Van Gogh, volgens die gedig, graag geskilder?
6.   Wat word die stylfiguur in versreëls 7–8 genoem?
7.   Watter woord kan "gevlek" die beste vervang?
7.1. haas
7.2. emosie
7.3. geverf
7.4. mors
8.   Watter woord toon dat die mynwerkers in swak omstandighede gebly het?
9.   Haal die versreël uit die gedig aan wat vir ons sê dat Van Gogh se skilderkuns Godgeïnspireerd was.
10. Watter een van die volgende dinge het beide vlam en sipresse met mekaar gemeen?
10.1.   kleur
10.2.   hitte
10.3.   lower
10.4.   vorm
10.5.   hartstog

10 VRAE OOR Vincent van Gogh van DJ Opperman (1)


1.   Verklaar die woorde "miskende heilige".

2.   Waarteen het Van Gogh "vergeefs geveg"?

3.   Waar het hy al die onreg en ellende gesien?

4.   Haal 'n versreël aan om aan te toon wat Van Gogh as prediker leer ken het.

5.   Wanneer het Van Gogh sy ware taak vir God verrig?

6.   Waaruit het Van Gogh sy inspirasie vir sy skilderye geput?

7.   Watter kleure gebruik Van Gogh veral in sy skilderye?

8.   Na wie verwys "Sy" in versreëls 7 en 13?

9.   Watter kontras ten opsigte van God word in die gedig genoem?

10. Wat word bedoel met "kantelende landskap"?

 

Vrydag 22 Junie 2018

Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling Langvraag (2)


Bespreek die volgende verhoudings in 'n opstel van 250 – 350 woorde. Bespreek ook of hierdie verhoudings gevolge op die lewens van ander mense gehad het.

  • Die verhouding tussen Jacques en sy pa
  • Die verhouding tussen Jacques en sy ma
  • Die verhouding tussen Jacques en Alicia Francke



NSS: Onderwêreld deur Fanie Viljoen Afrikaans-Engels Woordelys Hoofstuk 25


AFRIKAANS-ENGELS WOORDELYS

van sy rocker af gaan
waansinnig van woede word
crony
boesemvriend, vriend
face
aanskou
uitgefigure
ontsyfer
social engineering
sosiale manipulering
passwords
wagwoorde
squeal
nuus aandra/Greg verraai
te floor
plat te slaan
joke
grap
computers
rekenaars
surf
swerf, rondblaai
ge-hack
gekraak
white hat
withoed/'n kraker wat nie skade aanrig nie