Wys tans plasings met die etiket Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas. Wys alle plasings

Sondag 29 Julie 2018

TROETELWOORDE VIR OGILVIE DOUGLAS deur Marlene van Niekerk (3)


VRAE

1.
1.1
Waar speel hierdie gedig af?

1.2
Haal die woorde aan wat dit vir ons sê.
2.
Gee twee troetelname wat die vader vir sy kind het.
3.
Verduidelik "jakkals trou met wolf se vrou".
4.
Verduidelik "droomoogkind".
5.
Die spreker sê
"kyk daar's druppels op jou mou"
"kyk daar's druppels teen die ruit"

5.1
Waar kom die druppels op die kind se mou vandaan?

5.2
Waar kom die druppels teen die ruit vandaan?
6.
Waarmee vergelyk die spreekster die druppels op die kind se mou?
7.
"elke druppel is 'n sonnetrou"
Watter versreël vroeër in die gedig beteken ongeveer dieselfde?
8.
"jou pa kan nie vandag sy boom gaan kap"
Hoekom nie?
9.
Watter woorde in die gedig lui die gebed in?
10.
Hoekom is die vader seker dat God sy kind kan bewaar en beskerm?
11.
Vir wie vra die vader almal die seën van God?
12.
Wie spreek die vader in die laaste twee versreëls aan?
13.
Hoe is die kind se afwyking sigbaar aan

13.1
sy mond? (Gee slegs een woord uit die gedig as antwoord)

13.2
sy oë? (Gee slegs een woord uit die gedig as antwoord)
14.
Watter aanduiding het ons dat die kind se moeder self 'n afwyking het?
15.
Gee telkens een woord uit die gedig vir die volgende:

15.1
as speeksel aanhoudend uitkom

15.2
beboste rant

15.3
die geringstes/nietigstes

15.4
wat nie genoeg geprys kan word nie (frase – twee woorde)

TROETELWOORDE VIR OGILVIE DOUGLAS deur Marlene van Niekerk (2)


WOORDVERKLARINGS  

oggeliefie druppeldou
Ogilvie Douglas – die vader se troetelnaam vir die kind
stomme
arme
bosrug
koppie, rant wat met bosse oorgroei is
droomoogkind
oë wat uitdrukkingloos staar soos dié van 'n dromer
oophangmond
kwylende mond
druppels op jou mou
afkomstig van die kwyl uit die kind se mond
druppels teen die ruit
druppels teen die venster
sonnetrou
die son skyn op elke druppel = jakkals trou met wolf se vrou
nooit volprese
wat nooit genoeg geprys kan word nie
wurms
die nietigste in God se skepping
wag ... hou
bewaar, beskerm, oppas
seën
bewaar
oggeliefiekind
dierbare kind
maltrap ma
geestesversteurde ma