Dinsdag 30 April 2019

10 VRAE OOR "My hand ritsel" deur Cas Vos

1.
Hierdie gedig kan beskou word as 'n voorbeeld van metapoësie. Wat verstaan jy onder dié begrip?
2.
Gedurende watter tyd van die dag probeer die spreker 'n gedig skryf? Sê in jou eie woorde.
3.
Haal 'n voorbeeld van alliterasie in die eerste strofe aan.
4.
Haal 'n voorbeeld van 'n vergelyking in die eerste strofe aan.
5.
Aanvanklik is die gedig wat die spreker probeer skryf, slegs stukke poësie en nog nie 'n samehangende gedig nie. Watter enkele woord in die tweede strofe bewys dit?
6.
Watter uitdrukking verwys daarna dat die woorde van die gedig nie vloeiend vorder nie?
7.
Dit voel vir die spreker asof sy hand "stomp en dom" is. Wat bedoel hy met hierdie woorde?
8.
Wat, dink jy, gebeur as "woordlyne bly ontspoor"?
9.
Met watter beeld/woord in die eerste strofe kan die woord "ontspoor" in verband gebring word?
10.
Die spreker gebruik die woord "ritsel" om sy hand op die papier te beskryf. Hy praat ook aan die einde van sy woorde wat droog ritsel. Met watter droë voorwerpe in die natuur assosieer ons gewoonlik die woord "ritsel"?

 

Dinsdag 23 April 2019

10 VRAE OOR "Gestorwe planeet" deur Eveleen Castelyn

1.
Sê in jou eie woorde watter nadelige effek aerosolkannetjies op die osoonlaag het, volgens die gedig.
2.
Noem enige drie direkte gevolge wat die verswakking van die osoonlaag op die aarde het, volgens die eerste strofe.
3.
Haal 'n versreël aan wat uit die ou volkslied, Die Stem, aangehaal is.
4.
Na watter twee dinge kan "DOOMSDAY" in die gedig verwys?
5.
Ons lees van die "skoot van die skatkamers".

5.1
Wat is voorheen hier "geberg"?

5.2
Wat word nou hier geberg?
6.
Wat het by Tjernobil en Three Mile Island gebeur?
7.
Ons lees van rioolvuil in ons riviere.

7.1
Watter term word in die gedig vir rioolvuil gebruik?

7.2
Waar beland hierdie besoedelende rioolvuil uiteindelik?

7.3
Wat anders besoedel ook hierdie plek?
8.
Watter effek het hierdie besoedeling op die ekologie?
9.
Sê kortliks wat die woorde "sing die swanesang van 'n verlore paradys" beteken.
10.
Hoekom, dink jy, noem die digter die gedig "gestorwe planeet" en nie "sterwende planeet" nie?

IEB AFRIKAANS HT 2020 Voorgeskrewe Roman


Een van die twee IEB AFRIKAANS HT Voorgeskrewe romans het verander. "Die verevrou" deur Jan van Tonder vervang "Hanna" deur Rachelle Greeff. "Die verevrou" is 'n publikasie van Human & Rousseau.



Maandag 22 April 2019

Die driehoekige sirkel: Woordeskat Hoofstuk 3

Bestudeer die woordeboekbetekenis van die gegewe woord en haal dan 'n sin uit Hoofstuk 3 in "Die driehoekige sirkel" aan waarin hierdie woord voorkom.


Die driehoekige sirkel: Woordeskat Hoofstuk 3

Bestudeer die woordeboekbetekenis van die gegewe woord en haal dan 'n sin uit Hoofstuk 3 in "Die driehoekige sirkel" aan waarin hierdie woord voorkom.