Dinsdag 30 Oktober 2018

Die driehoekige sirkel: Blokkiesraaisel (1)

Voltooi die blokkiesraaisel deur die volgende leidrade te gebruik:

DWARS

1.  Die tydperk vandat Caro haar geboortedorp verlaat het todat sy weer terugkeer, is _____ jaar.
4.   Paul Thompson onttrek sy _____ om vir Caro te wys wie is baas.
8.   Steyn se ma se naam is tant _____.
10. Hierdie karakter het ysblou oë.
12. Caro se naam in haar vorige lewe.
13. Meneer Buys merk op dat Caro _____ groen oë het.
14. Hierdie karakter is plomp en ongelukkig.
15. Caro is die protagonis in die roman, terwyl Salome en _____ as antagoniste bestempel kan word.

AF

2.   Die item in Caro se besit wat haar voortdurend aan die verlede herinner.
3.   Caro is die _____ in die roman omdat byna alles vanuit haar perspektief vertel word.
5.   'n Groot negatiewe aspek in die krieketspan wat Caro moet aanspreek.
6.   Die plek waar Dirk en Betsie gaan trou.
7.  Behalwe dat Caro 'n kranige atleet en krieketspeler is, kan sy ook nog hierdie instrument bespeel.
9.   Die plek waar Caro Eksteen grootgeword het.
11. Caro se uiteindelike doel van haar terugkoms is _____.




Vrydag 26 Oktober 2018

10 VRAE OOR Boggomsbaai-blues deur Pirow Bekker

1.

Om "op die golwe se kruin" te ry, beteken:

A
Jou lewe in gevaar stel

B
Voorspoedig wees

C
Lief vir die see wees

D
Negatief oor aftrede wees
2.

Wat word dikwels met 'n donker kleed (hier 'n "donker jas") vergelyk?
3.

Wat doen 'n mens in Boggomsbaai as vrees vir "die donker jas" jou wil oorval?
4.

Hoe word die dood in die derde koeplet beskou? Sê in jou eie woorde.
5.

"druk op sy nommer" beteken:

A
Jy moet jou vreesgedagtes onderdruk.

B
Jy kan hom op sy selfoon skakel.

C
Hy hou daarvan om gedruk te word.

D
Jy kan op hom staatmaak.
6.

Verduidelik die metafoor in die slotreël.
7.

Dui die alliterasie in die titel aan.
8.

Dui die assonansie in reël 7 aan.
9.

Haal 'n sinoniem uit die gedig aan vir

9.1
snert/nonsens

9.2
bekommernis
10.

Watter soort rym vind ons in hierdie gedig?

A
paarrym

B
binnerym

C
omarmde rym

D
kruisrym




Dinsdag 23 Oktober 2018

Die driehoekige sirkel: Literêre opstel 4


Die titel van die roman Die driehoekige sirkel het betrekking op verskeie temas in die boek. Die verwysing na die driehoek dui in verskeie gevalle op spanning wat ontstaan en die sirkel op die voltooiing of oplossing van daardie spanning. Gebruik die diagram as riglyn en skryf 'n letterkundige opstel van 300–350 woorde waarin jy die spanning beskryf wat in hierdie driehoek bestaan. Een van die sterkste temas in die roman is die spanning tussen leuen en waarheid. Verduidelik Caro se wroeging om tussen leuen en waarheid te kies, wat sy uiteindelik kies en hoe sy berusting vind.  



Die driehoekige sirkel: Literêre opstel 3


Die titel van die roman Die driehoekige sirkel het betrekking op verskeie temas in die boek. Die verwysing na die driehoek dui in verskeie gevalle op spanning wat ontstaan en die sirkel op die voltooiing of oplossing van daardie spanning. Gebruik die diagram as riglyn en skryf 'n letterkundige opstel van 300–350 woorde waarin jy die spanning beskryf wat in hierdie driehoek bestaan. Verwys in jou opstel na die gebeure in Caro se verlede wat haar optrede in die hede bepaal en die uiteindelike oplossing wat sy vind. Voorspel ook kortliks hoe Caro se toekoms waarskynlik daar sal uitsien. 



Die driehoekige sirkel: Literêre opstel 2


Die titel van die roman Die driehoekige sirkel het betrekking op verskeie temas in die boek. Die verwysing na die driehoek dui in verskeie gevalle op spanning wat ontstaan en die sirkel op die voltooiing of oplossing van daardie spanning. Gebruik die diagram as riglyn en skryf 'n letterkundige opstel van 300–350 woorde waarin jy die spanning beskryf wat in hierdie driehoek bestaan. Verwys ook in jou opstel na die oplossing van die spanning en hoe daar afsluiting gevind word.



Die driehoekige sirkel: Literêre opstel 1


Die titel van die roman Die driehoekige sirkel het betrekking op verskeie temas in die boek. Die verwysing na die driehoek dui in verskeie gevalle op spanning wat ontstaan en die sirkel op die voltooiing of oplossing van daardie spanning. Gebruik die diagram as riglyn en skryf 'n letterkundige opstel van 300–350 woorde waarin jy die spanning beskryf wat in hierdie driehoek bestaan. Verwys ook in jou opstel na die oplossing van die spanning en hoe daar afsluiting gevind word.



Maandag 22 Oktober 2018

Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling Opstel

FILMSTUDIE OPSTEL
Ballade vir 'n enkeling

TYD: 1 uur                                                                                                    
PUNTE: 20

OPDRAG

Skryf 'n opstel van 250 – 300 woorde waarin jy die skermskoot hieronder ontleed. Beplan jou opstel deeglik voordat jy dit skryf. Gee aandag aan die volgende aspekte:
·         die kameraskoot wat hier gebruik word
·         die effek van hierdie kameraskoot
·         die rede waarom hierdie kameraskoot in die konteks gebruik word
·         die rede waarom die beeld onderstebo vertoon word
·         waar hierdie toneel afspeel
·         die gebeure wat aanleiding gegee het tot hierdie toneel
·         die mise-en-scène elemente wat in hierdie kameraskoot gebruik word en hoe dit tot die film as 'n geheel bydra (contribute)
·         die gebruik van lig
·         die gebruik van kleur


Barrett Vlak 5: Waardering



Barrett Vlak 4: Evaluering



Barrett Vlak 3: Afleiding