Woensdag 30 Junie 2021

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 25

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

 

1.

Dis Paasvakansie en Barries is op Seeplaas.

 

Omdat ..., ...

2.

Hy sit op 'n rots en wag vir Jona en Eunice du Toit om te arriveer.

 

Hy sit op 'n rots waar ...

3.

Lizette skakel en vertel dat sy, Theo en Floris nou gereeld kerk toe gaan.

 

Wanneer ..., ...

4.

Hul lewens het heeltemal verander en hulle besoek 'n kerk wat seweduisend mense kan huisves.

 

Volgens Lizette ... en die kerk wat ..., ...

5.

Theo het vier jaar opgeskorte tronkstraf gekry en hy mag twee jaar lank nie 'n motor bestuur nie.

 

Die vonnis wat ..., is vir .... Hy word ook verbied om ...

6.

Lizette vra hoe Barries die koshuislewe vind en Barries sê dis oukei.

 

Lizette wil weet: "...?", en Barries sê dat ...

7.

Sy wil kontak met Barries behou, maar Barries is nie baie gretig nie.

 

Dit klink of ..., maar Barries is nie baie gretig nie.

8.

Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en sy het 'n voltydse verpleegster wat na haar omsien.

 

Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en 'n voltydse verpleegster ...

9.

Paul staan rustig en tevrede op die stoep en skilder.

 

Barries sien hoe ...

10.

Stef het 'n nuwe meisie gekry en sy Beach Buggy het 'n nuwe laag rooi verf gekry.

 

Stef het 'n nuwe meisie gekry, terwyl ...

11.

Nelson se hok staan oop en hy kan kom en gaan soos hy wil.

 

Aangesien ..., ...

12.

Fillie Booysen is saam met Barries in die koshuis en is ook nou op Seeplaas vir die vakansie.

 

Barries en Fillie Booysen .... Fillie is ook nou op Seeplaas, aangesien ...

13.

Lizette wil nuuskierig weet of Eunice en Jona al arriveer het.

 

" ...?" wil Lizette nuuskierig weet.

14.

Eunice kom die hele vakansie by Barries kuier.

 

Eunice sal ...

15.

Sy en Jona stap van Kaap St. Francis af Seeplaas toe.

 

Sy en Jona beplan om ...

16.

Dis dieselfde roete wat Jona saam met Barries en Olga gestap het.

 

Barries, Olga en Jona ...

17.

Barries hoor 'n hond blaf en dan sien hy Jona en Eunice naderkom.

 

Wanneer ..., ...

18.

Jona is baie opgewonde as hy Barries by die rotse sien staan.

 

Jona is baie opgewonde om ...

19.

Barries tel 'n los klip op en gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water.

 

'n Los klip ... en hy gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water.

20.

Fillie, met 'n groot galjoen in sy hand, glimlag breed as Barries dit regkry.

 

Fillie, wat ..., glimlag breed as Barries dit regkry.

 


ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 25

WOORDSTRUKTURE

Gemengde oefening

 

1.

Eunice en Jona kom by Barries op Seeplaas (besoek, kuier – kies die regte woord) ___ en Barries is baie (excited – gee die Afrikaans) oor die (exciting – gee die Afrikaans) ___ vakansie wat voorlê.

2.

Terwyl Barries wag, (bel, foon, skakel – kies die beste woord) ___ Lizette en sy vertel dat sy en die De Kock-broers tot (bekeer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ gekom het en gereeld saam met (7 000 – skryf in woorde) ___ ander mense aanbid.

3.

Lizette vertel dat Theo 'n (opskort – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ vonnis gekry het (a.g.v. – skryf in woorde) ___ sy pa se invloed. Hy mag ook vir twee jaar nie 'n motor (ry, dryf, bestuur – kies die regte woord) ___ nie.

4.

Barries en Fillie is in dieselfde (hoog + skool – gee die samestelling) ___ en bly ook in dieselfde (hostel – gee die Afrikaans) ___. Vir Barries is dit nogal 'n groot (aanpas – gee 'n afgeleide naamwoord) ___, maar hy geniet dit.

5.

Barries se ma (bly – gee 'n sinoniem) ___ nou ook op Seeplaas. Sy (nodig – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ (deeltydse – gee 'n antoniem) ___ versorging en Paul het 'n verpleegster aangestel.

6.

Nelson se hok staan oop en hy het nou die (vry – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ om (rondvlieg – gee die regte vorm) ___ waar hy wil.

7.

Paul lyk (gelukkig en tevrede – gee die intensiewe vorms) ___, meer as toe Barries hom die (volgende – gee 'n antoniem) ___ keer gesien het.

8.

Stef het 'n nuwe meisie en sy Beach Buggy het 'n (nuwe – gee die intensiewe vorm) ___ laag rooi verf gekry.

9.

Lizette wil weet of Eunice (blind – gee die intensiewe vorm) ___ is, en Barries sê dat sy nie tussen lig en ( ___ – gee 'n paslike woord) ___ kan (distinguish – gee die Afrikaans) ___ nie.

10.

Fillie hou 'n (yslike – gee 'n sinoniem) ___ galjoen vas met 'n (breed – gee die regte vorm) ___ glimlag op sy gesig terwyl hy kyk hoe Barries se klip (in, deur, oor) ___ die rotse trek en in die water beland.