Asem en Vlerke vir almal, is immer gewilde keuses by onderwysers om met hoërskool-leerders te doen.
Ons studiegidse/leerderboeke vir hierdie twee boeke is steeds beskikbaar. Kontak ons gerus by edupagecc@gmail.com vir meer inligting.
Asem en Vlerke vir almal, is immer gewilde keuses by onderwysers om met hoërskool-leerders te doen.
Ons studiegidse/leerderboeke vir hierdie twee boeke is steeds beskikbaar. Kontak ons gerus by edupagecc@gmail.com vir meer inligting.
HOOFSTUK 25
SINSTRUKTURE
Gemengde oefening
|
1. |
Dis Paasvakansie en Barries is op Seeplaas. |
|
|
Omdat ..., ... |
|
2. |
Hy sit op 'n rots en wag vir Jona en Eunice du Toit om te arriveer. |
|
|
Hy sit op 'n rots waar ... |
|
3. |
Lizette skakel en vertel dat sy, Theo en Floris nou gereeld kerk toe gaan. |
|
|
Wanneer ..., ... |
|
4. |
Hul lewens het heeltemal verander en hulle besoek 'n kerk wat seweduisend mense kan huisves. |
|
|
Volgens Lizette ... en die kerk wat ..., ... |
|
5. |
Theo het vier jaar opgeskorte tronkstraf gekry en hy mag twee jaar lank nie 'n motor bestuur nie. |
|
|
Die vonnis wat ..., is vir .... Hy word ook verbied om ... |
|
6. |
Lizette vra hoe Barries die koshuislewe vind en Barries sê dis oukei. |
|
|
Lizette wil weet: "...?", en Barries sê dat ... |
|
7. |
Sy wil kontak met Barries behou, maar Barries is nie baie gretig nie. |
|
|
Dit klink of ..., maar Barries is nie baie gretig nie. |
|
8. |
Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en sy het 'n voltydse verpleegster wat na haar omsien. |
|
|
Barries se ma bly nou ook op Seeplaas en 'n voltydse verpleegster ... |
|
9. |
Paul staan rustig en tevrede op die stoep en skilder. |
|
|
Barries sien hoe ... |
|
10. |
Stef het 'n nuwe meisie gekry en sy Beach Buggy het 'n nuwe laag rooi verf gekry. |
|
|
Stef het 'n nuwe meisie gekry, terwyl ... |
|
11. |
Nelson se hok staan oop en hy kan kom en gaan soos hy wil. |
|
|
Aangesien ..., ... |
|
12. |
Fillie Booysen is saam met Barries in die koshuis en is ook nou op Seeplaas vir die vakansie. |
|
|
Barries en Fillie Booysen .... Fillie is ook nou op Seeplaas, aangesien ... |
|
13. |
Lizette wil nuuskierig weet of Eunice en Jona al arriveer het. |
|
|
" ...?" wil Lizette nuuskierig weet. |
|
14. |
Eunice kom die hele vakansie by Barries kuier. |
|
|
Eunice sal ... |
|
15. |
Sy en Jona stap van Kaap St. Francis af Seeplaas toe. |
|
|
Sy en Jona beplan om ... |
|
16. |
Dis dieselfde roete wat Jona saam met Barries en Olga gestap het. |
|
|
Barries, Olga en Jona ... |
|
17. |
Barries hoor 'n hond blaf en dan sien hy Jona en Eunice naderkom. |
|
|
Wanneer ..., ... |
|
18. |
Jona is baie opgewonde as hy Barries by die rotse sien staan. |
|
|
Jona is baie opgewonde om ... |
|
19. |
Barries tel 'n los klip op en gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water. |
|
|
'n Los klip ... en hy gooi dit met gemak oor die rotse en tot in die water. |
|
20. |
Fillie, met 'n groot galjoen in sy hand, glimlag breed as Barries dit regkry. |
|
|
Fillie, wat ..., glimlag breed as Barries dit regkry. |
HOOFSTUK 25
WOORDSTRUKTURE
Gemengde oefening
|
1. |
Eunice en Jona kom by Barries op Seeplaas (besoek, kuier – kies die regte woord) ___ en Barries is baie (excited – gee die Afrikaans) oor die (exciting – gee die Afrikaans) ___ vakansie wat voorlê. |
|
2. |
Terwyl Barries wag, (bel, foon, skakel – kies die beste woord) ___ Lizette en sy vertel dat sy en die De Kock-broers tot (bekeer – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ gekom het en gereeld saam met (7 000 – skryf in woorde) ___ ander mense aanbid. |
|
3. |
Lizette vertel dat Theo 'n (opskort – gee 'n afgeleide deelwoord) ___ vonnis gekry het (a.g.v. – skryf in woorde) ___ sy pa se invloed. Hy mag ook vir twee jaar nie 'n motor (ry, dryf, bestuur – kies die regte woord) ___ nie. |
|
4. |
Barries en Fillie is in dieselfde (hoog + skool – gee die samestelling) ___ en bly ook in dieselfde (hostel – gee die Afrikaans) ___. Vir Barries is dit nogal 'n groot (aanpas – gee 'n afgeleide naamwoord) ___, maar hy geniet dit. |
|
5. |
Barries se ma (bly – gee 'n sinoniem) ___ nou ook op Seeplaas. Sy (nodig – gee 'n afgeleide werkwoord) ___ (deeltydse – gee 'n antoniem) ___ versorging en Paul het 'n verpleegster aangestel. |
|
6. |
Nelson se hok staan oop en hy het nou die (vry – gee 'n afgeleide naamwoord) ___ om (rondvlieg – gee die regte vorm) ___ waar hy wil. |
|
7. |
Paul lyk (gelukkig en tevrede – gee die intensiewe vorms) ___, meer as toe Barries hom die (volgende – gee 'n antoniem) ___ keer gesien het. |
|
8. |
Stef het 'n nuwe meisie en sy Beach Buggy het 'n (nuwe – gee die intensiewe vorm) ___ laag rooi verf gekry. |
|
9. |
Lizette wil weet of Eunice (blind – gee die intensiewe vorm) ___ is, en Barries sê dat sy nie tussen lig en ( ___ – gee 'n paslike woord) ___ kan (distinguish – gee die Afrikaans) ___ nie. |
|
10. |
Fillie hou 'n (yslike – gee 'n sinoniem) ___ galjoen vas met 'n (breed – gee die regte vorm) ___ glimlag op sy gesig terwyl hy kyk hoe Barries se klip (in, deur, oor) ___ die rotse trek en in die water beland. |