Dinsdag 31 Maart 2020

Die Driehoekige Sirkel Studiegids


INHOUD VAN DIE DRIEHOEKIGE SIRKEL STUDIEGIDS

'N KORT OORSIG OOR DIE DRIEHOEKIGE SIRKEL

OPSOMMINGS EN VRAE VAN HOOFSTUK 1-16

BESPREKINGS

KONTEKSTUELE VRAE EN LITERÊRE OPSTELLE

ANTWOORDE VAN KORTVRAE

KONTEKSTUELE VRAE EN LITERÊRE OPSTELLE: ANTWOORDE


KONTAK ONS BY EDUPAGE@VODAMAIL.CO.ZA VIR VERDERE INLIGTING

Maandag 30 Maart 2020

Die driehoekige sirkel Studiegids

Die studiegids is aanlyn beskikbaar by https://store.it.si/za/home - soek na edupage cc vir 'n volledige lys van ons publikasies.

Saterdag 21 Maart 2020

LEESBEGRIP


Lees die onderstaande teks noukeurig deur en beantwoord dan die vrae daaroor.

ORRELIS HOU AAN SPEEL TERWYL DIEF SY SELFOON GRYP

Niks is meer heilig nie en nêrens is 'n mens se goed meer veilig nie.

Dit het kerkgangers in die Lutherse kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein, geleer toe 'n dief gedurende die kerkdiens doodkalm na die galery opstap, 'n verwarmer na die besoekende orrelis, prof. Nicol Viljoen, gooi en sy selfoon van die orrel af gryp. Die selfoondief het toe die galery verlaat en weggehardloop.

Prof. Viljoen is die hoof van die Odeion Skool vir Musiek (OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy  het regdeur die insident aanhou orrel speel, terwyl kerkgangers gewonder het oor die geraas wat van die galery af kom. Hulle het eers na die diens verneem dat 'n man die kerk binnegekom en die professor se Samsung-selfoon gesteel het.

Viljoen, wat gister vir die eerste keer as gasorrelis in die kerk gespeel het, sê hy wil nie graag die kerk in die kollig plaas oor so 'n onbelangrike insident nie. "Dis net jammer dat so iets gedurende 'n kerkdiens in die kerk gebeur het." Volgens Viljoen was dit 'n slegte ervaring, maar hy het nie bedreig gevoel nie.

Hans Heinze, die voorsitter van die kerkraad, sê die ingang na die kerk is altyd oop tydens 'n kerkdiens en die dief het deur die voorportaal by die kerk ingekom. Hy het met die trappe na die galery opgegaan, die selfoon gegryp en toe weer by die kerk uitgehardloop.

Viljoen het 'n die saak aan die polisie rapporteer.  

 [Verwerk uit BEELD, Maandag 17 Februarie 2020]

 
1.1
In watter provinsie het hierdie insident plaasgevind?
1.2
Ons lees: "Niks is meer heilig nie en nêrens is 'n mens se goed meer veilig nie."
Waarna dink jy verwys die volgende in die konteks van die berig? Gee elke keer net een woord as antwoord:
1.2.1
"nêrens"
1.2.2
"'n mens se goed"
1.3
Waar was die selfoon toe dit gesteel is?
1.4
Wat het die orrelis gedoen toe die dief sy selfoon gegryp het? Kies jou antwoord uit die volgende en skryf net die letter neer.
A
Hy het hard gegil.
B
Hy het aanhou orrel speel.
C
Hy het die dief met 'n verwarmer gegooi.
D
Hy het agter hom aangehardloop.
1.5
Hoekom, dink jy, het die ander mense nie die dief probeer stop toe hy die orrelis se selfoon gegryp het nie?
1.6
Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
1.6.1
Prof. Joubert het baie trauma  tydens die insident ervaar.
Haal 'n sinsdeel aan om jou antwoord te staaf.
1.6.2
Die dief het die deur in die voorportaal oopgebreek om in te gaan.
Haal 'n sinsdeel aan om jou antwoord te staaf.
1.6.3
Prof. Joubert is die Lutherse kerk se voltydse orrelis.
Haal 'n enkele woord aan om jou antwoord te staaf.
1.7
Hoekom, dink jy, het die dief die orrelis met 'n verwarmer gegooi?
1.8
Hoekom verkies prof. Joubert om nie met die nuusmedia oor die insident te praat nie?
1.9
Watter bekende handselsnaam word in die teks genoem?
1.10
Hoe weet ons dat daar effens aan die teks hierbo verander is?