Wys tans plasings met die etiket Lien se Lankstaanskoene. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Lien se Lankstaanskoene. Wys alle plasings

Donderdag 14 Maart 2019

Verhoudings in Lien se Lankstaanskoene


VERHOUDINGS

'n Belangrike aspek in Lien se Lankstaanskoene wat aandag verdien, is om te let op die verhoudings wat daar tussen verskillende karakters bestaan. Karakters funksioneer nie in isolasie en op hul eie nie; daar is voortdurende interaksie met mekaar. Kyk na die verhoudings tussen die volgende persone in die boek.

·               Lien en haar ma
·               Lien en Braam
·               Lien se ouers
·               Lien en Wouter
·               Lien en Miemie
·               Lien en Roos
·               Lien en Tibbey
·               Lien en haar pa
·               Lien en Kuifie
·               Lien en Hein
·               Lien en tannie Bets
·               Lien en Dirkie
·               Lien en Donovan
·               Lien en juffrou Breytenbach


Ruimte in Lien se Lankstaanskoene (3)


Die bedelplek voor 'n besige winkelsentrum is waar Lien later baie ure van die dag deurbring. Sy word deur haar omstandighede gedwing om baie ure hier deur te bring. Aanvanklik voel sy ontuis en Roos laat haar onwelkom voel. Lien vind gou uit dat daar sekere ongeskrewe reëls bestaan en dat hulle nie in mekaar se gebied durf oortree sonder om gevolge te verwag nie. Sy maak gou vriende met Tibbey, maar dit neem heelwat langer om Roos na haar kant oor te haal.

Mettertyd voel Lien asof hulle een groot gesin is wat mekaar bystaan en onderskraag. Almal is in 'n geveg om oorlewing betrokke en hulle deel mekaar se lief en leed. Dis in hierdie ruimte waar Lien se leierseienskappe na vore kom wanneer sy die leiding neem om vir Tibbey 'n karretjie te bekom om weer kwaliteit aan sy lewe te gee. Sy leer ook om minder op haar eie probleme en behoeftes te fokus en haar toe te wy aan 'n goeie saak. Sy skuif haar eie finansiële behoeftes op die agtergrond in 'n poging om 'n lojale vriend te help.



Ruimte in Lien se Lankstaanskoene (2)


Lien hou ook nie daarvan om by die skool te wees nie. Sy het haar voorgeneem om nie by skoolaktiwiteite betrokke te raak nie en nie maats te maak nie. Sy verlang gedurig terug na haar vorige skool en tref vergelykings tussen Hoërskool Jakaranda en haar vorige skool. Sy doen slegs iets as sy daartoe gedwing word, en alhoewel sy talentvol is en goeie leierseienskappe het, weier sy om leiding te neem. Sy raak jaloers wanneer sy sien hoe Wouter mettertyd deel van die skoollewe word, terwyl sy steeds eensaam en alleen is. Later bring sy al hoe minder tyd by die skool deur, aangesien sy ook soggens gaan bedel.

Ten spyte van Lien se aanvanklike weerstand, word sy mettertyd by die skoollewe betrek wanneer sy begin repeteer aan die rol van Weird Maria. Uiteindelik word die skoolsaal en die verhoog die plek waar sy vir Lien Jooste kan agterlaat en 'n nuwe identiteit aanneem. Dis dan ook uiteindelik op hierdie einste verhoog waar Lien haar grootste triomf behaal en waar sy die stukke van haar lewe optel. Die toneelstuk bring ook sekerheid by Lien oor wat sy in die toekoms wil doen. Sy het altyd gedink sy sou 'n prokureur word en haar pa se vennoot word, maar uiteindelik besef sy dat die verhoog die plek is waar sy haar drome wil uitleef.


Ruimte in Lien se Lankstaanskoene (1)


Lien is nie gelukkig in die woonstel waarin hulle woon nie. Hulle het vroeër in 'n groot huis met 'n pragtige tuin gewoon en nou is hulle deur omstandighede gedwing om in hierdie beperkte ruimte in 'n woonstelblok te woon. Hulle meubels lyk oud en afgeleef en daar is niks wat van die woonstel 'n ware tuiste maak nie. Alhoewel Lien-hulle se woonstel dieselfde as dié van tannie Bets en Dirkie lyk, het dit nie dieselfde warm atmosfeer nie. Alhoewel daar drie mense in Lien-hulle se woonstel bly, leef hulle by mekaar verby; elkeen gaan sy eie gang en doen sy eie ding.

Lien se assosiasie met die woonstel is 'n plek waar haar ma meestal 'geel' is en agter 'n toe slaapkamerdeur haar ontvlugting in drank en klassieke musiek vind. Braam sit of lê voortdurend en televisie kyk. Lien vind haar eie ontvlugting in haar slaapkamer waar sy na Norah Jones se musiek luister. Mettertyd bring Braam al hoe minder tyd by die woonstel deur en slaap dikwels by 'n maat oor. Lien probeer ook die woonstel vermy en vind ontvlugting op die straathoek waar sy bedel en in die laatmiddag/vroegaandsessie by die skool waar sy oefen vir die rol van Weird Maria.



10 VRAE OOR Lien se verhouding met haar pa in Lien se Lankstaanskoene


Lien se verhouding met haar pa

Bladsy 4, Bladsy 199 – 200

1.
Wat was Lien se pa se beroep voordat hy in die tronk beland het?
2.
Watter misdaad het hy gepleeg wat hom in die tronk laat beland het?
3.
Daar is twee videogrepe waarna Braam kyk, waarin Lien en haar pa die twee hoofkarakters is. Die videomasjien het egter nie klank nie en 'n mens kan nie hoor wat daar gesê word nie.

3.1
Hoekom staan Lien se pa skynbaar op 'n leer terwyl sy en haar tweelingmaatjies op die dak sit?

3.2
'n Mens kan in die video sien dat Lien haar kop skud terwyl haar pa met haar praat. Hoekom, dink jy, skud sy haar kop so heftig?
4.
Wat was Lien se pa se planne vir Lien se toekoms?
5.
Noem drie ander karakters in Lien se klas wat aanvanklik dieselfde beroepskeuse as Lien gemaak het.
6.
Lien besoek haar pa 'n paar maande voor sy vrylating vir die eerste keer in die tronk.

6.1
Wat neem sy vir hom as 'n geskenkie saam?

6.2
Wanneer sy haar pa sien, ervaar sy gemengde gevoelens. Verduidelik.

6.3
Hoe reageer Lien as haar pa haar hand wil vat?

6.4
Wat antwoord hy as sy hom konfronteer oor wat hy gedoen het?

6.5
Lien se pa het nog nie toekomsplanne gemaak nie. Waar sal hy aanvanklik na sy vrylating gaan woon?

6.6
Wat sal hy dalk in die toekoms doen, volgens hom?

6.7
Hoe weet Lien dat hy nie ernstig is nie en dat dit nooit sal uitwerk nie?
7.
Watter praktiese voorbeeld van haar pa se onhandigheid kry ons in die boek?
8.
Lien vertel vir haar pa dat sy nie meer regte wil gaan studeer nie. Wat is sy reaksie hierop?
9.
Nadat Lien se pa tronk toe gegaan het, het hulle finansieel baie gesukkel. Na sy vrylating mag Lien se pa ook nie weer as prokureur praktiseer nie.

9.1
Hoe is dit dan moontlik dat Lien wel na matriek uiniversiteit toe kan gaan?

9.2
Wat gaan Lien skynbaar na matriek studeer, en hoe weet ons dit?

9.3
Wat, dink jy, het Lien laat besluit om in hierdie rigting te gaan studeer?
10.
Wat kan ons aan die einde van die boek aflei van Lien se pa, en van sy verhouding met Lien?


10 VRAE OOR Lien en Wouter in Lien se Lankstaanskoene


"Iemand in dié skool het 'n gewone ma en 'n gewone pa. Heeltemal doodgewoon", maar uiters ongewoon met al die disfunksionele gesinne net waar jy kyk.

Lien

1.
Uit watter gesinslede bestaan Lien-hulle se gesin?
2.
Wat het veroorsaak dat hulle disfunksioneel geword het?
3.
Hoe het Lien-hulle se lewensomstandighede as gevolg hiervan verander? Sê kortliks.
4.
Hoe is Lien se verhouding met haar ouers in die boek?
5.
Heel aan die einde van die boek lyk dit asof Lien-hulle se gesin die krisis oorleef het. Verduidelik hierdie stelling kortliks.

Wouter

6.
Waar het Wouter aanvanklik grootgeword?
7.
Hoekom is hy nie meer op die plek waar hy grootgeword het nie?
8.
Hoekom het sy ma besluit om Pretoria toe te verhuis?
9.
Hoe is Wouter se verhouding met sy ouers? Sê kortliks.
10.
Hoe verskil sy verhouding met sy pa van Lien s'n?



Saterdag 09 Maart 2019

10 minder bekende name in Lien se Lankstaanskoene


Hoe goed ken jy minder bekende name in die boek?

1
Sproetjie se pop
A

2
Miemie se chauffeur
B

3
Dirkie se kat
C

4
Kuifie se regte naam
D

5
Miemie-hulle se sjef
E

6
Tannie Bets se vriend
F

7
Gert Engelbrecht se noemnaam
G

8
Braam se beste vriend
H

9
Die vrou van Weigh-Less
I

10
Die skoolhoof se bynaam
J