Vrydag 12 April 2024

Goeie nuus!

 

Ons het 'n verskeidenheid eksamenvrae van Donker web opgestel wat onderwysers baie welkom is om te gebruik vir hul vraestelle. Daar is vrae van verskillende moeilikheidsgrade en is soortgelyk aan die vrae wat in die eindeksamen gestel word. Oorvleueling kom wel voor en onderwysers moet selektief wees wanneer hulle vrae gebruik om hul eie vraestelle saam te stel.

Die vrae bestaan uit die volgende:

·      Kontekstuele vrae, gebaseer om kort uittreksels

·      Paragraafvrae en toepaslike inhoudsvrae ter aanvulling

·      Dialoog/onderhoud

·      Opstelvraag

Die oorkoepelende tema van die vrae is die sadistiese moordenaar Sebastian Stadler (Die Baker), die antagonis wat vir talle gruweldade in die boek verantwoordelik is.

 

Stuur asseblief 'n e-pos as jy belangstel in die vrae. 'n Elektroniese kopie van die vrae sal GRATIS in Word-formaat aan jou gestuur word. Nasienriglyne sal ook verskaf word.

Ons e-posadres is edupagecc@gmail.com

Groete.

Giel & Ria Pieterse

EDUPAGE

Sondag 25 Februarie 2024

KARAKTERS IN DONKER WEB (1)

KARAKTERS IN DONKER WEB

Ons kan die karakters wat in Donker web voorkom, in drie kategorieë verdeel, naamlik hoofkarakters, newekarakters en randfigure.

Ons tref die volgende hoofkarakters aan:

·          Greg Owen

·          Xander Gericke/Eckardt Wilken

·          Sebastian Stadler/Die Baker

Ons tref die volgende newekarakters aan wat 'n belangrike rol in die verhaal speel:

·          Ayla

·          Plank

·          Dirk Schutte

·          Valkyrie

Saterdag 24 Februarie 2024

KARAKTERS IN DONKER WEB (2)

Hoe goed ken jy jou karakters ...?

Hier volg 11 newekarakters in Donker web wat nie 'n baie groot rol in die verhaal speel nie. Daarna volg 33 feite (3 oor elke newekarakter). Skryf die letter van die karakters langs die feit waar dit pas.

 

NEWEKARAKTERS

A

John Owen - Greg se broer

B

Chris Owen - Greg se pa

C

Greg se ma

D

Tom

E

Chloe

F

Dok Alec Pienaar

G

Thomas Lawson

H

Rian Trollip

I

Nicole

J

Lisa

K

Regter Gericke

 

1

Hy ontmoet Greg in 'n kerk om met hom te praat

 

2

'n Kunsstudent en buurvrou van Greg in Stellenbosch

 

3

Sterf weens 'n oordisis slaappille

 

4

Xander Gericke se "hacker buddy"

 

5

Sy besoek haar man selde in die tronk

 

6

Word saam met Sebastian Stadler op 'n Vrystaatse plaas groot

 

7

Hy is omgekoop om sy posisie te misbruik

 

8

Is saam met Greg se pa in die Kgosi Mampuru II tronk

 

9

Baie avontuurlustig en waaghalsig

 

10

Dirk Schutte se hoofverdagte as die Baker

 

11

Woon by haar ouers terwyl sy studeer

 

12

Word met 'n skerpgemaakte tandeborsel doodgesteek

 

13

Vroeër 'n bekende mediamagnaat

 

14

Ry met 'n rooi motor

 

15

Dink Greg het hulle familie in die skande gesteek

 

16

Greg neem sy foto saam Stellenbosch toe

 

17

Sy huil oor haar tragiese omstandighede

 

18

Stigter van die kollege waar Greg op skool was

 

19

Word met 'n kombers in sy tronksel opgehang

 

20

Pragtig, met 'n blekerige vel en ligroos wange

 

21

Sy lyk is in die see gestort

 

22

Wil haar verhouding met Greg hervat

 

23

Oud-skoolhoof van Lawson Kollege

 

24

Ken haar nuwe kêrel al baie lank

 

25

Die Candlestick-maker in die kleuterrympie

 

26

Help om die Vensters-opvoerings te organiseer

 

27

Word onskuldig gearresteer vir die besit van kinderpornografie

 

28

Dink Greg studeer 'n "useless course" op universiteit

 

29

Greg is aan die einde dankbaar om so 'n persoon in sy lewe te hê

 

30

Xander skiet die Baker uit wraak vir sy dood

 

31

Sy tong word uitgesny wanneer hy vermoor word

 

32

Kan foto's baie goed met Photoshop manupileer

 

33

Stuur Dirk Schutte Florence toe om Greg te gaan soek