Prof. Willie Burger verwoord so mooi in sy artikel van 25
Januarie 2019 in die Vrouekeur iets
wat my na aan die hart lê:
"Ongelukkig verval die skoolonderrig van letterkunde
en kuns dikwels slegs op inligting oor die skrywers en die omstandighede waarin
hulle geleef en gewerk het, of op allerlei oppervlakkige beskrywings van hul
tegnieke en style, die manier waarop hulle skryf, op die herkenning van
metafore of vergelykings of rymskemas.
Die probleem is dat onderrig hoofsaaklik op
inligtingoordrag gerig is en ons los die emosionele ontwikkeling van leerlinge
om spontaan en privaat te gebeur."
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking