Wys tans plasings met die etiket Ballade vir 'n Enkeling. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Ballade vir 'n Enkeling. Wys alle plasings

Sondag 17 Februarie 2019

Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling Opstel


FILMSTUDIE OPSTEL
Ballade vir 'n enkeling

TYD: 1 uur                                                                                                    
PUNTE: 20

OPDRAG

Skryf 'n opstel van 250–300 woorde waarin jy die liefdesdriehoek in Ballade vir 'n enkeling aan die hand van die gegewe skermskote bespreek. Verwys na die ontstaan, die verloop en die uiteinde van hierdie liefdesdriehoek. Beplan jou opstel deeglik voordat jy dit skryf. 

SKERMSKOOT 1


SKERMSKOOT 2


SKERMSKOOT 3

 

Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling Opstel


FILMSTUDIE OPSTEL
Ballade vir 'n enkeling

TYD: 1 uur                                                                                                    
PUNTE: 20

OPDRAG

Die mise-en-scène of stelinkleding werk gewoonlik subtiel op kykers se emosionele en intellektuele response in sonder dat hulle bewus is daarvan. Die skermskoot hieronder is 'n "klein toneeltjie", maar vertel vir die kyker so baie. Skryf 'n opstel van 250–300 woorde waarin die mise-en-scène in hierdie toneel ontleed. Verduidelik wat dit vir die kyker van die tydperk waarin die film afspeel en die omstandighede waarin Jacques grootgeword het, vertel. Spreek jou uit oor die geslaagdheid van hierdie toneel. Beplan jou opstel deeglik voordat jy dit skryf.

Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling Opstel


FILMSTUDIE OPSTEL
Ballade vir 'n enkeling

TYD: 1 uur                                                                                                    
PUNTE: 20

OPDRAG

Die mise-en-scène van enige toneel in 'n film sluit die stel, die beligting, die kostuums en die akteurstyl in. Skryf 'n opstel van 250–300 woorde waarin die mise-en-scène in hierdie toneel ontleed. Beplan jou opstel deeglik voordat jy dit skryf. Gee aandag aan die volgende aspekte:

Die gebruik van kleur in die toneel
Die belangrikheid van die stel
Die beligting in hierdie toneel
Die twee akteurs se spel
Hierdie toneel speel binnenshuis af. Wat is op hierdie tydstip besig om buite die huis te gebeur?