Wys tans plasings met die etiket Eendag is eendag. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Eendag is eendag. Wys alle plasings

Vrydag 11 Februarie 2022

Brander en ander: Eendag is eendag - Marlene Smit (Algemeen)

Hier volg 'n paar inskrywings wat die volgende aspekte oor Eendag is eendag deur Marlene Smit bevat:

1.   Opsomming

2.   Inhoudsvrae

3.   Sinstrukture

4.   Woordstrukture

5.   Kommunikasie 

6.   Kommunikasie antwoorde

Gebruik dit gerus in die klaskamer en/of vir hersiening.

Verwys gerus ook julle leerders na hierdie blog.

Donderdag 10 Februarie 2022

Brander en ander: Eendag is eendag - Marlene Smit (Opsomming)

EENDAG IS EENDAG     Marlene Smit

Opsomming

  • William bly by sy oupa en ouma in Skuinsdorp, waar hulle sukkel om finansieel te oorleef.
  • William se ma is dood toe hy klein was en Sias vra gedurig vrae oor William se MIV-status.
  •  Hy is in die beste skool op die dorp en is 'n baie toegewyde en fikse eerstespan-rugbyspeler.
  •  William wil graag op die skool se rugbytoer gaan, maar daar is nie genoeg geld daarvoor nie.
  •  Nadat William 'n danskompetisie by Club 20 gewen het, het hy genoeg geld vir die rugbytoer.
  •  William en sy grootouers is dankbaar vir die onverwagse seëning en bedank God vir sy genade.
  •  Die borg sal al die rugbyspelers se kostes betaal, en William kan nou sy geld vir sakgeld gebruik.
  •  Volgens Hein se ma sal die spelers vir die toerspan op meriete gekies word, soos dit hoort.
  •  William gaan kliniek toe en kry die goeie nuus dat sy ma "skoon" was en dat sy status reg is.
  •  Nou kan William ontspan en daaraan begin werk om sy rugbydrome te verwesenlik.

Woensdag 09 Februarie 2022

Brander en ander: Eendag is eendag - Marlene Smit (Inhoudsvrae)

EENDAG IS EENDAG     Marlene Smit

 Inhoudsvrae

1.

Hoekom moet 'n mens se skoene altyd skoon wees, volgens William se oupa?

2.

Hoe voel Sias oor hierdie siening, en hoekom voel hy so?

3.

Hoekom sal William nie op die skool se rugbytoer kan gaan nie?

4.

Hoekom, dink jy, probeer Hein se ma aanvanklik om vir William uit die toerspan te hou?

5.

Wat laat William soos 'n buitestander voel, en nie as deel van die span nie?

6.

Wat vereis die uiteindelike borg van die spelers wat op die rugbytoer geneem word?

7.

Dit lyk asof Hein se ma se oë vir William verskoning vra. Waarvoor, dink jy, vra sy verskoning?

8.

Hoekom is dit baie belangrik dat William in die span moet wees, volgens Hein se ma?

9.

Hoekom wil William so graag eendag 'n beroepsrugbyspeler word?

10.

Waaroor juig William as hy aan die einde van die verhaal by die kliniek uitkom?