Vrydag 18 September 2020

Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"


 

Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"

 


Voorgeskrewe gedigte uit "Toulopers"


 

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

"Mamma" kan ek nie sê nie – Jelleke Wierenga

VRAE

 

1.

Sê kortliks hoekom die spreker nie "mamma" kan sê nie. (1)

2.

Hoe lank weet sy reeds dat sy nie "mamma" sal kan sê nie. (1)

3.

Watter aanspreekvorm dink jy gebruik die spreker omdat sy nie "mamma" kan sê nie? (1)

4.

Sê in jou eie woorde wat mense dink is nie moontlik nie. (1)

5.

Waaroor dink jy moes die mamma wik en weeg? (1)

6.

Hoekom het sy uiteindelik nie regtig 'n keuse gehad nie? (1)

7.

Watter woord dui 'n wending in die gedig aan? (1)

8.

Wat is die funksie van die dubbelpunt in die voorlaaste strofe? (1)

9.

Verduidelik kortliks die betekenis van die laaste strofe. (2)

 

[10]

 ANTWOORDE

 

1.

Die spreker dink sy is 'n ongewenste kind wat nie welkom in haar ma se lewe is nie. (1)

2.

Sedert voor haar haar geboorte reeds. (1)

3.

Sy noem haar moontlik net "Ma". (1)

4.

Mense dink nie dis moontlik om reeds voor jou geboorte dinge te kon weet nie. (1)

5.

Sy moes blykbaar besluit of sy wou swanger raak en 'n kind hê. (1)

6.

Volgens die spreker het die engel namens haar besluit dat sy 'n kind moes hê. Sy het moontlik teen haar sin swanger geraak. (1)

7.

"maar" (1)

8.

Na die dubbelpunt word daar genoem wat die spreker nou weet (reël 9). (1)

9.

Elke keer wanneer die spreker se ma na haar kyk, kan sy in haar ma se oë sien dat sy haar nie wil hê of ooit wou gehad het nie. Haar ma kyk dus nie na haar soos 'n ma na haar kind sal kyk nie. (1)

Hersieningsvrae en antwoorde: Gedigte

SONDAGAANDE – Fanie Viljoen

VRAE

 

1.

Waar speel hierdie gedig af? Sê kortliks, maar duidelik. (2)

2.

Watter soort gedig is "Sondagaande"? Kies jou antwoord uit die volgende:

A

'n ode

B

'n lofsang

C

'n stemmingsgedig

D

'n parodie (1)

3.

Roofvoëls word as 'n mefafoor gebruik. Wat dink jy simboliseer die roofvoëls hier? (1)

4.

Wanneer draai ("sirkel") roofvoëls gewoonlik? (1)

5.

Wat beplan hulle om te gaan doen as hulle "laer, al laer" sirkel? (1)

6.

Wat doen die roofvoëls in die gedig egter wanneer hulle al laer sirkel en uiteindelik neersink? (2)

7.

Watter woorde dui aan dat roofvoëls skerp nagvisie het? (1)

8.

Wie/Wat is die roofvoëls se prooi in hierdie gedig? (1)

 

[10]

 

ANTWOORDE

 

1.

In 'n woonstelgebied in die stad (2)

2.

C – 'n stemmingsgedig (1)

3.

Die spreker se vrees, die gevoel van bedreiging wat hy/sy op 'n Sondagaand ervaar (1)

4.

Wanneer daar iets dood op die grond onder hulle lê. (1)

5.

Hulle gaan vreet aan die prooi (karkas, dooie liggaam) wat op die grond lê. (1)

6.

Hulle gaan sit op die lamppale en tuur by die woonstelvensters in. (2)

7.

"skerp oë" (1)

8.

die stad se woonstelbewoners (1)