21.
|
21.1
|
Hoe beplan Tino
om uit sy leuens te kom?
|
21.2
|
Watter belangrike
besluit neem hy egter oor sy eie toekoms?
|
|
22.
|
Kyk
na die volgende drie aanhalings:
‘By die skool wag Martin hom
in, soos ‘n spinnekop wat sy prooi voorlê.’
|
|
22.1
|
Wat is
gewoonlik ‘n spinnekop se prooi?
|
|
22.2
|
Wie
in die vergelyking is
a) die spinnekop?
b) die prooi?
|
|
22.3
|
Verduidelik
hierdie vergelyking kortliks.
|
|
‘Hy weet hy spin homself met elke nuwe leuen
al vaster in die web. Hy kan voel hoe Martin hom stadig inryg.’
Tino
is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n ‘kompulsiewe leuenaar’.
|
||
22.4
|
Wat
verstaan jy onder die term ‘kompulsiewe leuenaar’?
|
|
22.5
|
Gee
kortliks ses voorbeelde van leuens wat Tino in hierdie verhaal vertel.
|
|
22.6
|
Sê in
jou eie woorde wat met Tino gebeur met elke nuwe leuen wat hy vir Martin vertel.
|
|
‘Hy voel hoe die spinnekopdrade om sy bors
stadig maar seker skietgee.’
|
||
22.7
|
Hoe het
die ‘spinnekopdrade om sy bors’ Tino laat voel?
|
|
22.8
|
Wat
veroorsaak dat dit vir Tino voel of die spinnekopdrade nou ‘skietgee’?
|
|
23.
|
Gee twee
voorbeelde waar Tino so goed gelieg het dat mense skynbaar sy leuens geglo
het.
|
|
24.
|
Wat
beteken die Afrikaanse idioom ‘aartjie na sy vaartjie’, en hoe is dit van
toepassing op Martin en sy pa? Sê kortliks.
|
|
25.
|
Daar
bestaan ‘n baie noue band tussen Tino en Jerome. Jerome noem Tino ‘laaitie’
wanneer hy met hom praat. (“Dis van ek en die ouens af om te sê geluk, my laaitie”); (“Is jy mal, laaitie?”)
Die
woord ‘laaitie’ is ‘n slengwoord in Afrikaans.
|
|
25.1
|
Wat
beteken die woord ‘laaitie’?
|
|
25.2
|
By
watter geleentheid word die woord ‘laaitie’ die eerste keer genoem?
|
|
25.3
|
Hoe wil
Tino vir Jerome later misbruik omdat hy hom ‘my laaitie’ noem?
|
|
25.4
|
Hoekom
weier Jerome om dit te doen?
|
|
25.5
|
Wat sê
Tino aan die einde van die verhaal van ‘n laaitie?
|
|
Wys tans plasings met die etiket 'n Pa vir Saterdag. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 'n Pa vir Saterdag. Wys alle plasings
Saterdag 21 Julie 2018
'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Kortvrae 3)
'N PA VIR SATERDAG deur Christo Davids (Kortvrae 2)
11.
|
“Ons
het gewen en ek het drie keer agter die doellyn antwoord gegee.” Dis nie waar
nie. “Ek is speler van die wedstryd.” Nog ‘n lieg.
Tino het nie eens daardie middag in die
wedstryd gespeel nie –
|
|
11.1
|
Waar was Tino terwyl die wedstryd gespeel is?
|
|
11.2
|
Wanneer het ons ook gelees dat hy drie keer
agter die doellyn punte aangeteken het?
|
|
11.3
|
Tino was nie die speler van die wedstryd nie.
Wie is vroeër as Speler van die Jaar aangewys?
|
|
11.4
|
Jerome glo Tino se liegstorie en beloon hom
vir sy goeie spel. Hoe beloon hy vir Tino?
|
|
11.5
|
Tino sê vir Jerome en sy
vriende dat hy twintig rand wil hê as hy vir die eerste span in ‘n wedstryd
speel. Hoe weet ons dat dít nie sommer sal gebeur nie?
|
|
12.
|
12.1
|
Tino arriveer by
die huis. Watter leuen vertel hy ook vir sy ma?
|
12.2
|
Hy probeer om sy
ma van die pa-en-seun-wedstryd te vertel. Waarom luister sy nie na hom nie?
|
|
13.
|
Tino is die
Maandag bekommerd oor hoe hy ‘n pa vir Saterdag gaan kry.
|
|
13.1
|
Wat vertel Martin
wat Tino waarskynlik nog slegter en meer bekommerd laat voel?
|
|
13.2
|
Watter leuens
vertel Tino vir Martin?
|
|
13.3
|
Martin noem vir
Tino sy ‘tjom’. Hoe kan ‘n mens egter sien dat Martin nie ‘n op-regte vriend
is nie?
|
|
14.
|
Wat is Tino se ma
se reaksie as hy haar die Dinsdagoggend weer oor sy pa konfronteer?
|
|
15.
|
Watter verdere
leuen vertel hy vir Martin by die skool?
|
|
16.
|
16.1
|
Tino beraam ‘n
plan wanneer hy die Woensdag rugby-oefening toe stap. Wat is sy plan?
|
16.2
|
Waarom sal dié
plan egter nie kan werk nie?
|
|
16.3
|
Tino vertel nog
‘n leuen vir Martin wanneer Martin hom by die oefening oor sy pa konfronteer.
Wat is dit?
|
|
17.
|
Hoe plaas Martin
verdere druk op Tino met die aankondiging wat hy maak?
|
|
18.
|
Vertel kortliks
wat Tino die Donderdagoggend droom net voordat hy wakker word.
|
|
19.
|
19.1
|
Die Vrydagaand
dink Tino aan die leuens wat hy vir almal vertel het. Waarom kon hy nie die
waarheid vir hulle vertel het nie?
|
19.2
|
Tino doen dan
iets vreemds. Wat doen hy?
|
|
19.3
|
‘Hier van bo af
sal ‘n mens iemand al van ver af kan sien aankom.’ Wat, dink jy, beplan Tino
om te doen?
|
|
19.4
|
Waarom werk
hierdie plan van hom nie uit nie?
|
|
20.
|
Tino ontdek sy
ouers se troufoto. Wat doen hy daarmee?
|
|
Teken in op:
Plasings (Atom)