Woensdag 06 Julie 2022

Donker web Meerkeusige Vrae

 


Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 15

HOOFSTUK 15

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 15

Watter een van die volgende feite is ONWAAR?

15.1

NIYON ANOMHMATA MH MONAN OYIN

 

A

Greg is verbaas dat Xander so 'n boodskap stuur.

 

B

Dit is dikwels by fonteine en waterfonte gebruik.

 

C

Dit is 'n Griekse palindroom.

 

D

Was ook die gesig af, nie net die sondes nie.

15.2

Greg, Lisa en Plank by De Warenmarkt

 

A

Hulle ontmoet mekaar vir 'n laat-ontbyt.

 

B

Volgens Plank is hy en Lisa net-net bymekaar.

 

C

Greg en Lisa spot Plank oor sy "skandes".

 

D

Volgens Lisa is Plank 'n goeie danser.

15.3

Greg was die sondes af

 

A

Die kuier saam met Plank en Lisa het Greg kalmeer.

 

B

Hy bel vir Xander om sy sondes aan hom te bely.

 

C

Hy erken dat hy 'n ryk bedorwe brokkie is.

 

D

Hy hoop Xander sal bereid wees om hom te help.

 

Donker web Meerkeusige Vrae Hfs 14

HOOFSTUK 14

Donker web Meerkeusige Vrae Hoofstuk 14

Watter een van die volgende feite is ONWAAR?

14.1

Partytjie by die Lawsons

 

A

Dis duidelik dat die Lawsons baie duur en goeie smaak het.

 

B

Hulle is warm, spontane mense wat Greg laat welkom voel.

 

C

Die gaste kon nie verhoed dat Greg se pa in die tronk is nie.

 

D

Greg is na 'n ruk spyt dat hy na die partytjie toe gekom het.

14.2

Gesprek met Sebastian Stadler

 

A

Stadler sit op die balkon terwyl sy vrou met die gaste gesels.

 

B

Hy wil weet hoe Greg by die res van die partytjiegaste inpas.

 

C

Hy vertel vir Greg van sy grootwordjare op 'n Vrystaatse plaas.

 

D

Hy vir Greg dat hy nie sy pa te kras moet veroordeel nie.

14.3

Terug in die onderwêreld

 

A

Hy het in sy matriekjaar laas Xander se webblad besoek.

 

B

Hy luister nie na die binnestem wat sê dat hy moet ophou nie.

 

C

Greg wil ter wille van sy pa nou regmaak wat hy verbrou het.

 

D

Hy sê in 'n e-pos aan Xander dat hy sy hulp nodig het.