|
1.
|
Katinka wil graag
hierdie meubelstuk erf.
|
|
2.
|
Die testament
vereis dat die Rousseau-gesin absoluut ____ moet wees om te kwalifiseer om
die geld te erf.
|
|
3.
|
Die naam van die
persoon wat oorlede is.
|
|
4.
|
Herman se vrou se
naam.
|
|
5.
|
Daar is 'n hele
aaantal _____ waaraan die Rousseau-gesin moet voldoen voordat hulle kan erf.
|
|
6.
|
Die Rousseau-gesin
moet vir drie _____ niks van die plaas verwyder of verkoop nie.
|
|
7.
|
Dit is gereeld by
die ouetehuis afgelewer.
|
|
8.
|
Sy moet met die
1945 Willis rondry.
|
|
9.
|
Een van die
voorwaardes is dat die werf en die _____ goed versorg moet word.
|
Wys tans plasings met die etiket Die Testament. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Die Testament. Wys alle plasings
Donderdag 15 November 2018
Die Testament: Woordspeletjie
Gebruik die volgende leidrade om die ruit te voltooi en die ontbrekende
woord te vind.
Dinsdag 13 November 2018
10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 358–465
1.
|
Waar het oom
Josef orals geld laat wegsteek?
|
2.
|
Wat was die doel
van die geld wat so weggesteek is?
|
3.
|
Hoeveel geld is
daar in oom Josef se boedel wat nagelaat kan word?
|
4.
|
Waarom mag
Herman-hulle aanvanklik nie die geld erf nie?
|
5.
|
Watter ontstellende
oproep ontvang Herman? Verduidelik volledig.
|
6.
|
Waarom is Gideon
so verbaas oor Herman en Katinka se besluit oor hulle miljoen rand?
|
7.
|
Wat was oom Josef
se plan met die skynontvoering?
|
8.
|
Hoe word
Herman-hulle tog uiteindelik beloon?
|
9.
|
Waarom erf
Herman-hulle nie elkeen in werklikheid sewe miljoen rand nie?
|
10.
|
Wat is die finale
bepaling wat oom Josef vanuit die graf doen?
|
10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 291–357
|
1.
|
Waaroor kla
Herman hierdie keer as oom Josef se begrafnis verby is?
|
|
2.
|
Wie is Jans en
Zelmarie?
|
|
3.1
|
Hoe het Jans en
Zelmarie oënskynlik gesterf?
|
|
3.2
|
Wat is egter die
ware feite oor Jans en Zelmarie se dood?
|
|
4.
|
Hoekom is Zenobia
bly dat sy net met Fielies "gestraf" is?
|
|
5.
|
Is die volgende
stelling Waar of Onwaar?
Die mans wat
skaapkoppe eet het vir oom Josef as 'n indringer beskou.
|
|
6.
|
Hoekom moes
Herman die skaap se ore by die byeenkoms eet?
|
|
7.
|
Tot watter besef
rakende oom Josef kom Herman en Zenobia albei na die begrafnis?
|
|
8.
|
Mieta is baie bly
dat daar weer vrouens op die werf is. Hoe het die plaas vir haar gelyk nadat
oom Josef se vrou, mevrou Raaitjie, oorlede is?
|
|
9.
|
Ruan dink dit was
onbillik om te verwag dat Zenobia met Fielies ry. Tog hou Fielies voordele
in. Wat is hierdie voordele, volgens Ruan?
|
|
10.
|
Gee een woord uit
hierdie gedeelte wat beskryf hoe Nuutgevonde nou lyk.
|
10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 171–290
|
1.
|
Watter optrede
van Zenobia is strydig met die voorwaardes van die testament?
|
|
2.
|
Waarom dink jy is
Katinka "sarkasties" as sy uitvind dat Zenobia die vloer was terwyl
Herman die koolstoof moet skoonmaak?
|
|
3.
|
Wie het al die
jare die groente gekweek wat oom Josef vir Katinka-hulle gebring het?
|
|
4.
|
"Oom Josef
lag vir ons ..."
Waarom sou oom
Josef hulle uitlag?
|
|
5.
|
Verduidelik
Zenobia se uitdrukking: "So, Ma het lekker gerus terwyl ek en Pa ons
byna doodgewerk het."
|
|
6.
|
Gee drie enkele woorde uit hierdie gedeelte waarmee Herman vir Ruan, Zenobia se kêrel, beskryf.
|
|
7.
|
Volgens Katinka
is dit die heel eerste keer dat Herman 'n vloer was. Watter aanmoediging het
hy nodig gehad om dit te doen?
|
|
8.
|
Wat bedoel Herman
wanneer hy sê: "Miskien is 'n tweede begrafnis nie so onwaarskynlik
nie."
|
|
9.
|
Wat kan jy oor
Ruan se karakter aflei as jy Spreekbeurt 256 lees?
|
|
10.
|
Op watter wyse
tree Zenobia en Katinka eenders en tog verskillend op as hulle die bedrae
geld vind?
|
[Bron: https://www.clipartmax.com]
10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 99 – 170
1.
|
Verduidelik in
jou eie woorde wat jy onder "komiese musiekbrug" verstaan.
|
2.
|
Vergelyk die erns
van Herman en Zenobia se "beserings".
|
3.
|
Hoekom, dink jy,
wil Herman nie oom Josef se dokter sien nie?
|
4.1
|
Gee een woord vir
die uitdrukking "die geween en gekners van tande".
|
4.2
|
In watter
spreekbeurt uit hierdie gedeelte word die woord wat jy in Vraag 4.1
geïdentifiseer het, as byvoeglike naamwoord gebruik?
|
5.
|
Haal die woorde
aan wat die rede verskaf hoekom oom Josef Katinka se beskuit vir die
ouetehuis geskenk het.
|
6.
|
Watter "marteling"
moet Herman nog dié dag ondergaan, benewens sy seer rug?
|
7.1
|
Waar het Zenobia
aanvanklik gewerk?
|
7.2
|
Watter werk doen Zenobia
nadat Herman sy rug seergemaak het?
|
8.1
|
Waar sal oom
Josef begrawe word?
|
8.2
|
Wie sal oom Josef
se graf grawe?
|
9.
|
Hoekom wil Herman
nie die koolstoof skoonmaak nie?
|
10.
|
Watter slim plan
maak Zenobia om haar en haar pa se take effens te vergemaklik?
|
Vrydag 09 November 2018
10 VRAE OOR Die Testament: Spreekbeurt 1 – 98
1.
|
Wat besef die
luisteraar/leser dadelik as daar "komiese openingsmusiek" speel?
|
|
2.
|
Watter leidrade
is daar reg van die begin af dat die Rousseau-gesin dalk geldelike probleme
kan hê?
|
|
3.
|
Op watter manier
was oom Josef familie van die Rousseau-gesin?
|
|
4.
|
Hoe reageer die
volgende persone op die nuus van oom Josef se dood?
|
|
4.1
|
Katinka
|
|
4.2
|
Zenobia
|
|
5.
|
Gee een woord
waarmee Zenobia vir oom Josef karakteriseer pas nadat sy van sy dood verneem
het.
|
|
6.
|
Wat is die
simboliek van die plaas se naam wat aan Herman nagelaat word?
|
|
7.
|
Wie of wat is
Fielies?
|
|
8.
|
Hoe word daar
vir Mieta en Jantjie in die testament voorsiening gemaak?
|
|
9.
|
Maak 'n lys van
die voorwaardes in die testament wat die prokureur vir die erfgename
uitstippel.
|
|
10.
|
Watter bedrag
geld kan die Rousseau-gesin dalk erf?
|
|
[Let wel: Hierdie is nie 'n prent van 'n 1945 Willis-bakkie nie, slegs 'n afbeelding van 'n ou bakkie.]
Dinsdag 06 November 2018
10 VRAE OOR Die testament: Rolverdeling
Pas die woorde in kolom B
by die beskrywing in Kolom A.
1.
|
Hy is ongeveer 25
jaar oud
|
A.
|
Gideon
|
|
2.
|
Gideon se van
|
B.
|
Herman
|
|
3.
|
Sy is 'n baie
hulpvaardige mens
|
C.
|
Josef
|
|
4.
|
Sy is jonk en
parmantig
|
D.
|
Mieta
|
|
5.
|
Sy is 'n
sekretaresse
|
E.
|
Katinka
|
|
6.
|
Hy is 'n vrolik
en vol grappe
|
F.
|
Ruan
|
|
7.
|
'n
Staatdiensamptenaar
|
G.
|
Jantjie
|
|
8.
|
Die prokureur wat
die boedel beredder
|
H.
|
Zenobia
|
|
9.
|
Hy is oorlede
|
I.
|
Hansen
|
|
10.
|
Herman se vrou se
naam
|
J.
|
Janke
|
Teken in op:
Plasings (Atom)







