Dinsdag 08 Oktober 2019

'n Nuwe publikasie: Kortverhale vir Graad 10 & 11 Leerderboek


Kortverhale vir Graad 10 & 11 is 'n interessante kombinasieboek wat oor twee jaar gebruik kan word. Dit bevat 11 kortverhale uit die bundel Sweef wat saamgestel is deur Marieta Nel en Adinda Vermaak en deur LAPA Uitgewers uitgegee word.   

GRAAD 10

1.       SWEEF – Jaco Jacobs
2.       IS MY MA 'N RUIMTEWESE? – Christie Nortjé
3.       DIE GHOSTBUSTERS VAN NIEU-BETHESDA – Solet Scheeres
4.       STICKS AND STONES – André Bester
5.       NAG, MARY – Jaco Jacobs
6.       DIE EENHORING – Leon de Villiers

GRAAD 11

7.       DIE SOKKIE – Hanneke-Marie Basson
8.       NOG IEMAND VIR PYNAPPEL OP PIZZA? – Elmarie Botes
9.       ALTYD VIERDE – Fanie Viljoen
10.     'N PA VIR SATERDAG – Christo Davids
11.     DIE BROODWINNER – P J Haasbroek





Enige navrae kan gerig word aan edupage@vodamail.co.za.
 

Maandag 07 Oktober 2019

IEB AFRIKAANS HT: Voorgeskrewe roman 2020



NB-Uitgewers se blakerteks oor "Die verevrou" lui as volg:

"Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys. Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe. Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek."

[Bron: https://web.facebook.com/NBPublishers/]