Dinsdag 28 Februarie 2023

LEESBEGRIP EN TAALOEFENING: DIE JAAR VAN DIE KONYN

DIE JAAR VAN DIE KONYN

VRAAG 4    Sinstrukture

Skryf die volgende sinne oor soos aangedui sonder om die basiese betekenis te verander.

4.1

Chinese het hierdie jaar Nuwejaar op 22 Januarie gevier.

 

Nuwejaar…

4.2

Daar is 12 diere in die Chinese diereriem. Die rot is die eerste daarvan.

 

Daar is 12 diere in die Chinese diereriem, waarvan …

4.3

Die konyn is die Chinese Nuwejaar se dier in 2023.

 

In 2023 ...

4.4

Mense wat in die Jaar van die Konyn gebore is, is vriendelik en optimisties.

 

Mense wat in die Jaar van die Konyn gebore is, is sowel …

4.5

Het jy al iemand ontmoet wat in die Jaar van die Konyn gebore is?

 

Nee, …

4.6

Sy vra: "Is dit waar dat die rot die resies van die diere gewen het?"

 

Sy wil weet …

4.7

Dit gaan 'n kalm jaar wees. Die konyn is die saggeaardste van die twaalf diere.

 

Hierdie jaar behoort …, omdat …

4.8

Hierdie jaar is 'n goeie jaar vir die meeste mense.

 

Volgende jaar …

4.9

Ek hou nie van omwentelings nie. Ek hou nie van onstabiliteit in my lewe nie.

 

Ek hou nóg …

4.10

Die rot is nie deur die Chinese keiser vir sy oneerlikheid gediskwalifiseer nie.

 

Die Chinese keiser …


Maandag 27 Februarie 2023

LEESBEGRIP EN TAALOEFENING: DIE JAAR VAN DIE KONYN

DIE JAAR VAN DIE KONYN

VRAAG 5    Kommunikasie

Die 12 diere moes teen mekaar resies jaag om te sien wie eerste by die wenpaal aankom en dus eerste in die diereriem sal wees. Os was die vinnigste en sou die wenner gewees het as Rot nie 'n rygeleentheid gesteel het en op Os se kop gery het nie. Os is woedend hieroor, en Rot vra verskoning vir sy optrede. Volgens Rot was dit die enigste manier hoe hy ooit die wedloop sou kon wen.

 

5.1

Skryf in 10-15 woorde wat Os vir Rot sê.

5.2

Skryf in 10-15 woorde wat Rot hierop antwoord.

 

Dis 22 Januarie 2023. Die Chinese seun Yong Faan word wakker en ontdek dat daar 'n rooi koevertjie met geldnote in sy kopkussing versteek is. Wanneer hy dit oopmaak, is hy verbaas om te sien hoeveel geld daarin is. Hy skree opgewonde en storm na sy ouers se slaapkamer toe om hulle te bedank. Hy sê dat hy nou die fiets kan koop wat hy so graag wil hê.

 

5.3

Skryf in 10-15 woorde wat Yong Faan uitroep wanneer hy hierdie verrassing kry.

5.4

Skryf in 10-15 woorde wat hy vir sy ouers sê.