Sondag 11 Oktober 2020

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 16

WOORDSTRUKTURE

Verkleining

Lees die sinne hieronder deur en skryf dan die verkleiningsvorm van die donkergedrukte woorde in die tabel neer.

  • Barries jaag met die siek hond veearts toe.
  • Om 'n haarnaalddraai verloor Barries amper beheer oor die Isuzu, maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.
  • Volgens dokter Hakinin het Jona te veel oefening gehad, maar hy sal oukei wees.
  • Volgens dokter Hakinin het sy nie R2 000 afslag op Jona se operasie gegee nie – Paul het die volle rekening betaal.
  • Op pad terug tref Barries 'n uitstaanrotspunt by die haarnaalddraai wat die Isuzu se lig en modderskerm beskadig.
  • Barries neem 'n foto van die skade aan die voertuig.
  • Barries herleef die aand toe hulle die verkeersman met Theo se Opel Kadett raakgery het.
  • Barries gaan bel sy ma en sy sê dat die verkeersman se vrou die waarheid oor die ongeluk wil weet.
  • Sy ma vertel dat Butcher op soek is na Barries en Barries waarsku haar om nie die deur vir vreemdelinge oop te maak nie.
  • Barries het twintig dae laas dagga gerook, maar nou soek hy dringend dagga. Volgens Paul hou die polisie Barries in opdrag van kaptein Mfeka dop.
  • Uit pure frustrasie gaan Barries buitetoe om hout te kap. Fillie Booysen wag hom by die kapblok in.
  • Fillie se pa het daarop aangedring dat hy Barries se tasse met klere moes terugbring.
  • Fillie nooi Barries om te kom kyk waar sy huis is, maar tussen die hoë rotse verloor Barries hom.
  • Paul vertel vir Barries dat iemand sy beursie gesteel het.
  • Volgens Paul het hy Barries plaas toe laat kom sodat hy dinge tussen hulle kan regstel.

 

ASEM-gebaseerde taaloefeninge

HOOFSTUK 16

SINSTRUKTURE

Gemengde oefening

Lees die sinne hieronder en skryf dit dan oor soos aangedui:

 

1

Barries jaag met die siek Jona na dokter Hakinin se spreekkamer toe.

 

Barries besluit om ...

 

 

2

Om 'n haarnaalddraai verloor Barries amper beheer oor die Isuzu, maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.

 

Barries ..., maar gelukkig bly die voertuig op sy wiele.

 

 

3

Dokter Hakinin wag by die spreekkamer, al is dit nog donker wanneer Barries en Jona daar aankom.

 

Alhoewel ..., ...

 

 

4

Volgens dokter Hakinin het Jona te veel oefening gehad, maar hy sal oukei wees.

 

Dokter Hakinin sê: "..."

 

 

5

Dokter Hakinin sê dat sy nie R2 000 afslag op Jona se operasie gegee nie – Paul het die volle rekening betaal.

 

Volgens ... – Paul het daarop aangedring om ...

 

 

6

Op pad terug tref die Isuzu 'n uitstaanrotspunt by die haarnaalddraai.

 

Op pad terug word ...

 

 

7

Die Isuzu se lig en modderskerm word deur die uitstaanrots beskadig.

 

Die uitstaanrots ...

 

 

8

Nico Schreuder skakel om te sê dat die verkeersman daardie nag oorlede is.

 

Nico Schreuder skakel en sê: "..."

 

 

9

Nico sê Barries moet nie homself vir die man se dood blameer nie.

 

Nico sê Barries hoef ...

 

 

10

Sy vra: "Barries, is daar nog iets oor die man se dood wat jy wil uitvind?"

 

Barries antwoord: "Nee, ..."