Dinsdag 11 Julie 2023

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 1–8

 

Die doel van hierdie Donker web-gebaseerde taaloefeninge is tweevoudig: Dit dien as hersiening om te bepaal hoe goed die leerder die inhoud van die boek ken, terwyl dit terselfdertyd probeer help om die leerder se woord- en sinstrukture te verbeter. Daar is 8 werktake waarin die leerder taal kan inoefen en kommunikasievaardighede kan probeer verbeter. Ons hoop dat dit 'n verskil sal maak en dat die leerder dit interessant en leersaam sal vind.

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 1 – Greg verruil Johannesburg vir Stellenbosch – Sinstrukture

 

Voltooi die onderstaande sinne soos aangedui.

 

1

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die gevangenis in Pretoria weens moord en terrorisme.

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die gevangenis in Pretoria omdat ...

1

2

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg om in Stellenbosch te gaan studeer.

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg sodat ...

1

3

Danksy 'n trustfonds koop hy 'n nuwe motor en huur 'n gerieflike woonplek.

Danksy 'n trustfonds kan hy sowel ...

1

4

Sy ou skoolmaat, Plank, verwelkom hom as hy in Stellenbosch aankom.

Hy ...

1

5

Plank is in Stellenbosch om die studentelewe te geniet, nie om te studeer nie.

Plank wil ... en nie studeer nie, daarom ...

2

6

Greg se pa se misdaad agtervolg hom orals. Hy meng nie juis met ander studente nie.

Aangesien ..., ...

2

7

Hy wil die Baker probeer opspoor sodat hy saam met sy pa en Dok Pienaar opgesluit kan word.

Hy sê vir Plank: "..., want ..."

2

8

Xander Gericke sal hom hiermee moet help, maar hy wil niks met Tom te doen hê nie.

Xander Gericke sal hom hiermee moet help, maar hy weier ...

1

9

Xander sien 'n video waarin sy pa wreed tereggestel word en besluit om Tom te help.

Nadat ..., ...

2

10

Net hierna word Tom, Xander se "hacker-buddy", ook wreedaardig vermoor.

Net hierna kry Xander die nuus dat ...

1

DONKER WEB-GEBASEERDE TAALVRAE – TAAK 1 – Greg verruil Johannesburg vir Stellenbosch – Woordstrukture

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies soos aangedui.

 

1

Greg Owen se pa en Dok Pienaar is in die (gevangenis – gee 'n sinoniem) _____ in Pretoria (a.g.v. – skryf in woorde) _____ moord en terrorisme.

2

2

Hy verlaat sy ouerhuis in Johannesburg, want hy gaan 'n (studeer – afgeleide naamwoord) _____ in Stellenbosch word.

1

3

Danksy 'n trustfonds kan hy 'n (nuwe – intensiewe vorm) _____ motor en 'n gerieflike woonplek (kos – afgeleide werkwoord) _____.

2

4

Sy ou skoolmaat, Plank, verwelkom hom met sy (aankom – afgeleide naamwoord) _____ in Stellenbosch.

1

5

Plank is in Stellenbosch om die studentelewe te geniet; sy (studeer) _____ is vir hom (nie belangrik nie – gee een word) _____.

2

6

Die feit dat Chris Owen 'n (misdaad – afgeleide persoonsnaam) _____ is, agtervolg Greg orals, daarom wil hy nie (social – gee die Afrikaans) _____ wees nie.

2

7

Hy wil die Baker probeer (opspoor – gee 'n sinoniem) ____ sodat hy saam met sy pa en Dok Pienaar (punished – gee die Afrikaans) _____ kan word.

2

8

Hiervoor (nodig – afgeleide werkwoord) _____ hy Xander Gericke se (help – afgeleide naamwoord) ______.

2

9

In een van twee (video – gee die meervoud) _____ wat Xander ontvang, sien hy die (wreed – gee die regte vorm van die woord) _____ manier waarop sy pa doodgemaak word.

2

10

Net hierna sien hy nog 'n wreedaardige (vermoor – gee 'n afgeleide naamwoord) _____ - sy "hacker-buddy" Tom (sin, syne, s'n – kies die regte woord) _____. _____

2