Dinsdag 30 Oktober 2018

Die driehoekige sirkel: Blokkiesraaisel (1)

Voltooi die blokkiesraaisel deur die volgende leidrade te gebruik:

DWARS

1.  Die tydperk vandat Caro haar geboortedorp verlaat het todat sy weer terugkeer, is _____ jaar.
4.   Paul Thompson onttrek sy _____ om vir Caro te wys wie is baas.
8.   Steyn se ma se naam is tant _____.
10. Hierdie karakter het ysblou oë.
12. Caro se naam in haar vorige lewe.
13. Meneer Buys merk op dat Caro _____ groen oë het.
14. Hierdie karakter is plomp en ongelukkig.
15. Caro is die protagonis in die roman, terwyl Salome en _____ as antagoniste bestempel kan word.

AF

2.   Die item in Caro se besit wat haar voortdurend aan die verlede herinner.
3.   Caro is die _____ in die roman omdat byna alles vanuit haar perspektief vertel word.
5.   'n Groot negatiewe aspek in die krieketspan wat Caro moet aanspreek.
6.   Die plek waar Dirk en Betsie gaan trou.
7.  Behalwe dat Caro 'n kranige atleet en krieketspeler is, kan sy ook nog hierdie instrument bespeel.
9.   Die plek waar Caro Eksteen grootgeword het.
11. Caro se uiteindelike doel van haar terugkoms is _____.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking