Vrydag 26 Oktober 2018

10 VRAE OOR Boggomsbaai-blues deur Pirow Bekker

1.

Om "op die golwe se kruin" te ry, beteken:

A
Jou lewe in gevaar stel

B
Voorspoedig wees

C
Lief vir die see wees

D
Negatief oor aftrede wees
2.

Wat word dikwels met 'n donker kleed (hier 'n "donker jas") vergelyk?
3.

Wat doen 'n mens in Boggomsbaai as vrees vir "die donker jas" jou wil oorval?
4.

Hoe word die dood in die derde koeplet beskou? Sê in jou eie woorde.
5.

"druk op sy nommer" beteken:

A
Jy moet jou vreesgedagtes onderdruk.

B
Jy kan hom op sy selfoon skakel.

C
Hy hou daarvan om gedruk te word.

D
Jy kan op hom staatmaak.
6.

Verduidelik die metafoor in die slotreël.
7.

Dui die alliterasie in die titel aan.
8.

Dui die assonansie in reël 7 aan.
9.

Haal 'n sinoniem uit die gedig aan vir

9.1
snert/nonsens

9.2
bekommernis
10.

Watter soort rym vind ons in hierdie gedig?

A
paarrym

B
binnerym

C
omarmde rym

D
kruisrym




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking