Vrydag 23 November 2018

Leesbegrip: Selfone al stokoud


SELFONE AL STOKOUD

Nadat Russiese wetenskaplikes opgrawings* tot 'n diepte van 100 m in Rusland gedoen het, kom hulle af op oorblyfsels* van koperdraad wat 'n duisend jaar oud is. Daaruit lei hulle af dat hul voorouers al 'n duisend jaar gelede 'n telefoonnetwerk gehad het.

Om nie by die Russe af te steek nie, laat die Amerikaners ook opgrawingswerk in hul eie land doen. Hulle wetenskaplikes kry op 200 m glasvesels. Die vesels is tweeduisend jaar oud. Daaruit lei hulle af dat hul voorouers tweeduisend jaar gelede al 'n digitale telefoonnetwerk gehad het.

Koos besluit hy kan dit nie daar los nie. Hy grawe tot 1 000 m op sy plaas in Suid-Afrika en laat weet vir die Russe en Amerikaners: "Ek het niks gekry nie. Daaruit lei ek af dat my voorouers duisende jare gelede al selfone gehad het!"
[Uit Huisgenotjies, HUISGENOOT, 14 September 2009]

*opgrawings = excavations
*oorblyfsels = remains

1.
Verduidelik: "om nie by die Russe af te steek nie ..."
2.
Wat, dink jy, is Koos se beroep?
3.
Watter enkele woord dui dit aan?
4.
Kyk na die statistieke en sê hoeveel jaar dit die aarde se oppervlak neem om met een meter te styg.
5.
Wat noem 'n mens jou familie wat lank gelede geleef het? Haal 'n enkele woord uit die teks as antwoord aan.
6.
Is die opskrif van die teks 'n feit of 'n mening?



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking