Vrydag 23 November 2018

Leesbegrip: 'n Hondelewe in Brakpan se diens



NOU TOE NOU!
'n Hondelewe in Brakpan se diens

‘n Munisipale werker van Brakpan word reeds die afgelope ses jaar R15 000 per maand betaal om niks te doen nie, het Sowetan die afgelope week berig.

Rejoice Marota het geen amptelike pos by die munisipaliteit nie. Sy gaan elke dag om 08:30 kantoor toe waar sy dan lees, tee drink en middagete nuttig voordat sy om 16:30 haar handsak vat en huis toe gaan.

Sedert 2007 pluk sy ook die vrugte van al haar harde werk in die vorm van jaarlikse verhogings en bonusse.
 [Uit: Rapport, 20 Oktober 2012]


1.

Op watter manier het die publiek vir die eerste keer van hierdie absurde storie gehoor?
2.

Hoekom doen die munisipale werker geen werk wanneer sy by haar werkplek is nie?
3.

Nie net verdien die werker 'n maandelikse salaris om niks te doen nie. Watter ander voordele het sy ook nog? Gee slegs twee enkele woorde uit die teks as antwoord.
4.

Ons vind heelwat ironie in hierdie teks.

4.1
Wat is ironies aan die subtitel van die teks?

4.2
Hoekom is die laaste sin in die kort teks ironies?
5.

Verduidelik hoekom die munisipale werker eintlik 'n baie paslike naam het.
6.

As die munisipale werker se maandelikse salaris elke jaar met 5% gestyg het, hoeveel verdien sy ongeveer per maand in 2018? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
R 16 000

B
R 18 000

C
R 20 000

D
R 22 000


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking