Vrydag 23 November 2018

Leesbegrip: Bene breek nie hul enigste talent nie


BENE BREEK NIE HUL ENIGSTE TALENT NIE

Drie lede van die Optic Skulls-bende* en drie lede van die Benign Bonecrushers-bende ry in 'n trein. Die Optic Skulls koop drie kaartjies en die Bonecrushers koop net een. Die Optic Skulls vra: "Hoe gaan julle hiermee wegkom?"

"Julle sal sien," sê die Bonecrushers.

Toe die kondukteur omkom om die kaartjies te kontroleer, gaan kruip al drie Bonecrushers in een toilet weg. Toe die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot hulle die een kaartjie onder die deur deur.

*   *   *   *
Toe hulle weer trein ry, koop die Optic Skulls net een kaartjie en die Bonecrushers koop geen kaartjies nie. Toe die kondukteur omkom, gaan kruip al drie Optic Skulls in een toilet weg.

Toe die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot die Optic Skulls die een kaartjie onder die deur deur. Die Bonecrusher buite die deur vat die kaartjie en die drie Bonecrushers gaan kruip in 'n ander toilet weg en wag dat die kondukteur aan hulle deur moet klop  ...
[Verwerk uit Huisgenotjies, HUISGENOOT, 3 Mei 2007]
*bende = gang


1.
Wat is ironies van die naam Benign Bonecrushers?
2.
Watter groep, dink jy, het al die meeste trein gery, en hoekom dink jy so?
3.
Wat noem 'n mens die persoon wat kom kyk of die passasiers kaartjies het?
4.
Watter woord sal die Bonecrushers die beste beskryf? Kies jou antwoord uit die volgende:

A
intelligent

B
eerlik 

C
skelm 

D
arm 
5.
Hoeveel kaartjies ...

5.1
is altesaam vir die twee treinritte gekoop?

5.2
moes hulle eintlik gekoop het?
6.
Wat het die kondukteur gedink toe hy aan die toiletdeur klop en een kaartjie word onder die deur deurgestoot?
7.
Wat het hy dus nie geweet nie?
8.
Terwyl die drie Optic Skulls tydens die tweede rit in die toilet weggekruip het, was daar 'n klop aan die deur.

8.1
Watter groot fout het die drie Optic Skulls hier begaan?

8.2
Wat het hulle dus nie besef nie?
9.
Na wie word daar in die titel van die teks verwys?
10.
Watter ander talent het hulle ook nog?



[http://classroomclipart.com]

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking