Donderdag 15 November 2018

10 VRAE OOR Kabouterliefde deur Ingrid Jonker

1.
Wat is die funksie van die herhaling in "rooi-rooi" (reël 1)? Sê duidelik.
2.
Die kabouter is baie vrygewig (generous), volgens strofe 1. Verduidelik hierdie stelling met twee voorbeelde.
3.
Ons lees dat die sterre "geknipoog" het.

3.1
Wat doen 'n mens as jy knipoog?

3.2
Wanneer knipoog 'n mens gewoonlik?
4.

Hoekom trek 'n mens 'n kring/laer rondom iets of iemand?
5.
Ons lees in reël 13 van die kabouter se "trom-trompet". Dit verwys na twee musiekinstrumente, 'n trom en 'n trompet.

5.1
Watter een van dié twee instrumente word geïmpliseer?

5.2
Gee 'n rede hoekom jy so dink.
6.
"Kalkoentjies" verwys nie hier na die pluimvee wat vir Kersfees geslag word nie. Waarna verwys dit?
7.

Kleur speel 'n belangrike rol in hierdie gedig.

7.1
Noem drie geel dinge wat in die gedig genoem word.

7.2
Noem nog drie ander kleure wat genoem word.
8.
Noem drie ronde voorwerpe waarna daar in die gedig verwys word.
9.
Stylfigure –

9.1
Gee 'n goeie voorbeeld van onomatopee uit die gedig.

9.2
Gee een voorbeeld van elisie (klankweglating, lettergreep-reduksie) uit die gedig.
10.
Kyk na die toon van die gedig en na ander leidrade en sê dan vir wie jy dink hierdie gedig geskryf is.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking