BENE BREEK NIE HUL ENIGSTE TALENT NIE
Drie lede
van die Optic Skulls-bende* en drie lede van die Benign Bonecrushers-bende ry
in 'n trein. Die Optic Skulls koop drie kaartjies en die Bonecrushers koop net
een. Die Optic Skulls vra: "Hoe gaan julle hiermee wegkom?"
"Julle
sal sien," sê die Bonecrushers.
Toe
die kondukteur omkom om die kaartjies te kontroleer, gaan kruip al drie Bonecrushers
in een toilet weg. Toe die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot hulle die
een kaartjie onder die deur deur.
* *
* *
Toe
hulle weer trein ry, koop die Optic Skulls net een kaartjie en die Bonecrushers
koop geen kaartjies nie. Toe die kondukteur omkom, gaan kruip al drie Optic
Skulls in een toilet weg.
Toe
die kondukteur aan die toiletdeur klop, stoot die Optic Skulls die een kaartjie
onder die deur deur. Die Bonecrusher buite die deur vat die kaartjie en die
drie Bonecrushers gaan kruip in 'n ander toilet weg en wag dat die kondukteur
aan hulle deur moet klop ...
[Verwerk uit Huisgenotjies, HUISGENOOT,
3 Mei 2007]
*bende = gang
1.
|
Wat
is ironies van die naam Benign Bonecrushers?
|
|
2.
|
Watter
groep, dink jy, het al die meeste trein gery, en hoekom dink jy so?
|
|
3.
|
Wat
noem 'n mens die persoon wat kom kyk of die passasiers kaartjies het?
|
|
4.
|
Watter
woord sal die Bonecrushers die beste beskryf? Kies jou antwoord uit die
volgende:
|
|
A
|
intelligent
|
|
B
|
eerlik
|
|
C
|
skelm
|
|
D
|
arm
|
|
5.
|
Hoeveel
kaartjies ...
|
|
5.1
|
is
altesaam vir die twee treinritte gekoop?
|
|
5.2
|
moes
hulle eintlik gekoop het?
|
|
6.
|
Wat
het die kondukteur gedink toe hy aan die toiletdeur klop en een kaartjie word
onder die deur deurgestoot?
|
|
7.
|
Wat
het hy dus nie geweet nie?
|
|
8.
|
Terwyl
die drie Optic Skulls tydens die tweede rit in die toilet weggekruip het, was
daar 'n klop aan die deur.
|
|
8.1
|
Watter
groot fout het die drie Optic Skulls hier begaan?
|
|
8.2
|
Wat
het hulle dus nie besef nie?
|
|
9.
|
Na
wie word daar in die titel van die teks verwys?
|
|
10.
|
Watter
ander talent het hulle ook nog?
|
[http://classroomclipart.com]