Saterdag 28 Februarie 2026

DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène Marais

DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène Marais

VERSTEGNIEKE

Die eerste tegniek waarvan hier melding gemaak kan word, is dié van personifikasie. Die natuur word vermenslik, byvoorbeeld:

Die reën word Ons Suster genoem (versreël 1, strofe 1), sy het oë (versreël 3, strofe 1), sy lag (versreël 4, strofe 1), wink (versreël 5, strofe 1) en roep (versreël 7, strofe 1). Sy dra armbande (versreël 6, strofe 1), krale (versreël 1, strofe 4) en koperringe (versreël 2, strofe 4).

Die digter maak gebruik van treffende herhaling deur die eerste en laaste versreël dieselfde te hou:

"O die dans van ons Suster"

Ons tref ook herhaling aan in die derde strofe:

"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

Die herhaalde gebruik van die s-klank beklemtoon deurgaans die slepende klank van die naderende reën.

Die woord saggies word ook drie keer herhaal, die reën

"lag saggies" (versreël 4, strofe 1)

"[roep] saggies (versreël 7, strofe 1)

en die insekte

"sing saggies" (versreël 2, strofe 3)

ʼn Voorbeeld van alliterasie tref ons in strofe 1 aan:

"want die werf is wyd"

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking