DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène Marais
VRAE
1. Wie
is Jan Konterdans?
2. Na watter Groot Woestyn word hier
verwys?
3. Wie is "ons Suster"?
4. Wie almal verwys na haar as "ons
Suster"?
5. Na watter bergtop word hier moontlik
verwys?
6. Gee ʼn wisselvorm vir "oge".
7. Omskryf "sy lag saggies".
8. Omskryf "sy wink met een
hand".
9. Omskryf in jou eie woorde: "haar
armbande blink en haar krale skitter".
10. Van watter dans en bruilof word in reëls 8 en 9 melding gemaak?
11. Omskryf "die werf" soos in reël 9 gebruik word.
12. Waarom jaag die grootwild uit die vlakte?
13. Waarom dam die wildtrop op die bulttop saam?
14. Waarom sluk hulle die wind?
15. Watter fyn spore is in die sand waarneembaar?
16. Wat word onder "kleinvolk" verstaan?
17. Omskryf "die sleep van haar voete".
18. Wie sing "Ons Suster! Jy het gekom!"?
19. Na watter koperringe word in reël 19 verwys?
20. Na wie se voorkop word in reël 20 verwys?
21. Wat is "die vuurpluim van die berggier?" (reël 20)
22. Wat beteken "sy trap af van die hoogte"?
23. Sê in jou woorde wat reël 22 beteken: "Sy sprei die vaal karos met
altwee twee arms uit."
24. Watter stylfiguur is: "die asem van die wind raak weg"?
25. Sou dit ʼn verlies gewees het vir die inhoud van die gedig as die subtitel
weggelaat is?
26. Hoe reageer die grootwild op die koms van die Suster?
27. Hoe reageer die kleinwild op die koms van die Suster?
28. Met watter sintuie neem die grootwild die reën waar?
29. Noem die kontras tussen die voorstelling van die reën in die eerste strofe
en die laaste strofe.
30. Wat beteken "want die werf is wyd en die bruilof is groot"?
31. Wie is die "kleinvolk"?
32. Waar bevind die kleinvolk hulle as die reën begin?"
33. Wat is ʼn berggier?
34. Wat vertel die feit dat die Reën ʼn veer van ʼn berggier op haar voorkop het
vir ons?
35. Watter betekenis het die woordjie "O" in die eerste strofe?
36. Verander die betekenis van hierdie uitroep in die laaste strofe? In watter
opsig?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking