EDMS BPK – DJ Opperman
BESPREKING
Dis ʼn ligte speelse gedig waarin die digter homself ʼn sekere plek toe-eien – hy sit selfs ʼn naambordjie op om dit te beklemtoon, maar die janfiskaal en die bakkapel ontken dit en eien weer op hulle beurt die plek vir hulself toe. Die ironie speel dus in hierdie gedig ʼn groot rol. Dit is ironies dat nie die spreker of die janfiskaal die plek werklik besit nie, maar eintlik die bakkapel wat in ouderwetse skrif die plek vir homself toe-eien. Maar ook die bakkapel besit nie werklik die plek nie; daar bestaan dus nie werklik iets soos ʼn besitter nie. Ironies dus dat al drie die plek wil toe-eien. maar nie een dit nooit werklik kan besit nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking