Vrydag 19 September 2025

EDMS BPK – DJ Opperman

EDMS BPK – DJ Opperman

KORTVRAE  

1.

Watter boomsoort groei op die stukkie grond?

2.

Hoe toon die spreker duidelik aan dat die grond aan hom behoort?

3.

Wat moet die verbygangers besef?

4.

Watter drie bakens is die janfiskaal s'n op die erf?

5.

Wanneer proklameer die janfiskaal sy gebied?

6.

Wie/Wat glip uit die melkhoutbos?

7.

Waarop teken die slang?

8.

Wat teken die slang?

9.

Watter woord het dieselfde betekenis as "outydse"?

10.

Soek ʼn woord uit die gedig met dieselfde betekenis as "hardop".

11.

Watter verband sien jy raak tussen die digter en die spreker?

12.

Gee twee aparte woorde wat aandui dat dit nie ʼn groot stuk grond is nie.

13.

Vul die ontbrekende teenstellende woorde in: Die janfiskaal kondig sy eienaarskap _____ aan, terwyl die slang dit _____ doen.

14.

Gee ʼn woord uit die gedig met dieselfde betekenis as "aankondig".

15.

Waarom dink jy word die woord "alles" in die laaste versreël herhaal?

16.

Watter een van die volgende woorde pas nie by die tema van die gedig nie?

 

A

besitreg

 

B

owerheidsbesit

 

C

eiendomsreg

 

D

eienaarskap

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking